Pages

Wednesday, 18 November 2015

DAKLOSE WORS-EN-APPELPASTEI



DAKLOSE WORS-EN-APPELPASTEI

1 vel gevriesde skilferkorsdeeg, ontdooi
70g botter
4 groot uie, grofgekap ...
1 eetlp komynsaadjies
seesout
grofgemaalde swartpeper
600g appels
1 eetlpl vars tiemie, gekap
320g gerookte wors, in skyfies gesny
320g boerewors, gebraai en in skyfies gesny
1 eetlpl groente-olie

Smelt 30g botter in pan en laat prut uie en komynsaad oor lae hitte vir 20 minute
Geur met sout en peper
Skil appels en sny in blokkies
Verhit res van botter in pan en voeg appels by
Laat prut tot sag, verwyder van hitte en druk stukkend met vurk
Roer tiemie by appels
Voer bodem en kante van tertbord of ronde pasteibak met deeg, prik bodem
Bedek bodem met uie
Skep appels bo-oor
Rangskik skyfies wors bo-op en verf met olie
Bak in oond teen 190˚C vir 20 minute