Pages

Wednesday, 18 November 2015

BIEFSTUK-EN-APPELSLAAI




BIEFSTUK-EN-APPELSLAAI

Fillet:

800g fillet...
seesout
1/2 kp peperkorrels
1/4 kp mosterdsaadjies
2 eetlpl druiwepitolie
1 eetlpl botter

Vryf fillet met sout
Gooi peperkorrels en mosterdsaadjies in bord en rol fillet daarin
Verhit olie in pan en braai fillet 1 minuut aan elke kant
Verlaag hitte, en bedek vir 20 minute
Verwyder van hitte en laat rus in pan vir 10 minute
Laat afkoel

Appels:

4 appels
400ml rooiwyn
sap van 1 suurlemoen
1 kaneelstokkie
2 kardemomsade
2 naeltjies
2 eetlpl heuning

Skil appels
Plaas saam met res van bestanddele in kastrolletjie en laat prut vir 15 minute
Verwyder appels uit sous en laat afkoel
Laat prut sous totdat dit net begin verdik, laat afkoel

Om te bedien:

vars roketblare

Plaas handevol vars roket op opdienbord
Sny fillet en appels in skywe en rangskik bo-op
Bedrup met rooiwynsous