Pages

Tuesday, 18 August 2015

Slaapsakkie hoender




Slaapsakkie hoender (lewer 4-6 porsies)

4 van elk hoenderdye en boudjies

hoenderspeserye of kruie waarvan jy hou
sout en peper
1 pak gekoopte brooddeeg.

1. Verhit jou oond tot 180C

2. Geur jou hoenderporsies met speserye, sout en peper.
3. Deel jou brooddeeg in 8 stukke. Rol effens platter (groot genoeg om die hoender mee te bedek)
4. Draai elke stukkie hoender in deeg toe. Druk punte toe met jou vingers.
5. Plaas hoenderpakkies op oondpan en sit in oond vir 40 minute of tot goudbruin of hoender gaar is.
6. Die hoendersappe trek in die deeg in.
7. Sit voor met slaai / groente
Wenk: Ek gebruik soms ontbeende hoenderborsies. Sny n gleuf in en sit n bietjie gegeurde maaskaas in. Dis ook baie lekker.