Pages

Tuesday, 18 August 2015

ENIGIETS PASTEI




ENIGIETS PASTEI
Stel oond op 180grade C (350 grade F)
Smeer of spuit pasteibord
...
2 koppies skelvis (gaar en sonder grate)
OF 2 koppies sampioene (liggies gaargemaak)
OF 2 koppies aspersies (uit blik)
OF 2 koppies soutvleis (uit blik)
OF 2 koppies gaar maalvleis
OF 2 koppies gaar spek (bacon) in stukkies gesny
OF 2 blikkies tuna (gedreineer)
2 koppies gerasperde Cheddarkaas
2 koppies melk
4 eiers (liggies met vurk geklits)
1 teelepel mosterdpoeier
Sout en peper na smaak
Gekapte pietersielie (opsioneel)
Meng alles en gooi in pasteibord en bak vir omtrent 45 minute tot gestol en ligbruin
(basiese resep uit Kitskos en Korrels van Maretha Maartens)
foto via Google
Ek het tert al gemaak met bietjie maalvleis en spek en sampioene solank dit 2 koppies vol maak - so maak jou eie variasie. Gaar hoender sal ook werk