Pages

Thursday, 19 June 2014

Mikrogolf Sjokolade broodpoeding in ‘n koppie




Mikrogolf Sjokolade broodpoeding in ‘n koppie
Hierdie resep is vir Pasella gemaak deur Jean Engelbrecht wat al kookboeke oor mikrogolf kookkuns geskryf het. Jean noem dat ‘n Portugese rolletjie die beste werk vir die poeding.

 (Maak 1)
1 sny witbrood, dik gesny
sagte botter
fyn appelkooskonfyt
4-6 klontjies sjokolade smeer (Nutella)
1 eier
2 e suiker
¾ k melk
½ t fyn kaneel
Smeer die brood met botter en appelkooskonfyt en sny in klein blokkies.
Gebruik ‘n koppie met ‘n brëe rand (nie  ‘n diep beker nie) en plaas die brood in die koppie met klontjies sjokolade tussenin.
Klits eiers en suiker tot lig en romerig, voeg die melk by en meng deeglik. Gooi versigtig oor die brood en los totdat die brood alles absorbeer.
Strooi kaneel bo-oor. Plaas in mikrogolfoond en bak op 70% hitte (medium) vir 2 minute of totdat dit gestol is. Wees versigtig om dit nie te lank te kook nie.
Laat effens afkoel en bedien dan met vla, room of roomys
Vir afwisseling:
Om ‘n tradisionele broodpoeding te maak, vervang die sjokolade met ‘n eetlepel pitlose rosyne.