Pages
▼
Thursday, 19 June 2014
Mikrogolf Klapper-en-amandel Torinkies
Mikrogolf Klapper-en-amandel Torinkies
Hierdie resep is vir Pasella gemaak deur Jean Engelbrecht wat al kookboeke oor mikrogolf kookkuns geskryf het.
Beslag
½ k sagte botter (125g)
½ k strooisuiker
2 ekstra groot eiers
1 k meelblom
1 t bakpoeier
½ t vanielje ekstrak
Glaseersel
1 k fyn appelkooskonfyt
1 t amandel ekstrak
4 e water
Versiering
1 k fyn klapper, gerooster*
marischino kersies, optioneel
geklopte room, vir opdien
Neem 6 papierkoppies (vir 6 torinkies) en voer die basisse uit met sirkeltjies handdoekpapier. Spuit deeglik met ‘n kleefwerende middel.
Klits die botter, strooisuiker en eiers saam.
Sif koekmeel en bakpoeier saam en voeg by die eiermengsel. Meng tot romerig. Roer die vanielje by.
Skep die mengsel versigtig in die papierkoppies (nie meer as ¼ vol nie) en tik die rante tot mengsel gelyk is in elke koppie.
Plaas die houers in ‘n sirkel in die mikrogolfoond op 100% krag (hoog) vir 2 minute of tot uitgerys. Die bokante mag nog klam wees. Laat staan vir 2 minute en dop versigtig uit.
Meng die bestanddele vir die glaseersel en plaas in mikrogolfoond op 100% krag (hoog) vir ‘n minuut of twee. Roer tussenin.
Laat afkoel en smeer glaseersel bo-op en aan kante van torinkies.
Bedek elke toring met geroosterde klapper, sit ‘n kersie bo-op en drup ‘n paar druppels van die marischino-stroop bo-oor.
Bedien met geklopte room.
*Rooster klapper so: Gooi klapper in ‘n vlak vuurvaste bak. Plaas in mikrogolfoond op 100% krag (hoog) vir 3 – 4 minute. Roer na elke minuut tot klapper bruin gerooster is.