Pages

Wednesday, 2 April 2014

Hoender-en-kluitjiesop




Hoender-en-kluitjiesop
Genoeg vir 6 mense
Bestanddele:
1½ e olyfolie ...
1 medium ui, fyngekap
2 wortels, in blokkies gesny

3 selderystokkies (sowat 12 cm lank), fyngekap
1 knoffelhuisie, gekneus
1,6 liter hoenderaftreksel
500 g ontvelde hoenderdyfilette, in vingergrootte repies gesny
1 prei, punte afgesny en in ringe gesny
100 g koekmeel
½ t bakpoeier
’n groot hand vol vars pietersielie, gekap
5 e laevetmelk
Verhit ½ e olie in ’n groot pan en braai die uie, wortels en seldery liggies vir 10 minute tot sag. Roer die knoffel by; braai vir 1 minuut.
Gooi die hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg ook die hoender en die preie by, kook weer en laat prut vir 6 minute totdat die hoender deurgaar en die groente sag is.
Gooi intussen die meel in ’n bak. Gooi die bakpoeier by, asook van die pietersielie en genoeg geurmiddels. Voeg die oorblywende olie en die melk by en roer totdat dit net genoeg gemeng is om ’n effens klewerige deeg te vorm.
Gooi klein teelepelsvol van die kluitjiemengsel in die pruttende hoenderaftreksel en braai vir sowat 4 minute. (Die kluitjies sal uitswel, moet dit dus nie te groot maak nie.) Toets vir geurmiddels. Skep die sop en kluitjies in warm sopbakkies, garneer met die oorblywende pietersielie en bedien.