Pages

Wednesday, 2 April 2014

Eenpan-kaasworspasta





Eenpan-kaasworspasta
Vir 4
Voorbereityd 5 minute
Gaarmaaktyd 20 minute
...
Jy hoef nie eers die pasta apart te kook vir dié maklike dis nie. Dit is ryk, souserig en vol geur. Beslis ’n kampkosstaatmaker.
Jy benodig
•1 eetlepel botter
•400 g kaaswors, in wieletjies gesny
•1 ui, fyngekap
•2 knoffelhuisies, fyngekap
•2 koppies hoenderaftreksel
•1 blikkie (410 g) Koo Mexican Diced Tomatoes
•½ koppie room
•250 g skroefiepasta
•sout en peper na smaak
•1 koppie cheddarkaas, gerasper
Só maak jy
1.Braai die wors en uie saam in botter in ’n diep pan of swaarboompot vir 5 minute. Voeg die knoffel, aftreksel en tamaties by en bring tot kookpunt.
2.Voeg die pasta by, sit die deksel op en verminder die hitte sodat die gereg vir 10-15 minute prut.
3.Geur die pasta na smaak met sout en peper, en sprinkel die kaas bo-oor.