Pages
▼
Tuesday, 18 June 2013
Mexikaanse maalvleis met tramezzini-driehoeke
Mexikaanse maalvleis met tramezzini-driehoeke
Genoeg vir: 4
Gaarmaaktyd: 40 minute
• 30 ml sonneblom- of olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 500 g beesmaalvleis
• 2 blikke Mexikaanse tamaties (of gebruik 1 blik gekapte tamaties en 1 blik Mexikaanse tamaties vir ’n matiger geur)
• 2 tramezzini- of pita-brode
• avokado en suurroom, om voor te sit
1 Verhit die olie en soteer die ui tot dit sag is. Voeg die maalvleis by en braai dit mooi bruin.
2 Voeg die geblikte tamaties by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir 40 minute prut tot die sous verminder het. Geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper.
3 Rooster die tramezzini- of pita-brode alkant in ’n warm, droë pan net voor die maalvleis reg is. Sny die brood in driehoeke wat jy in die sous kan doop. Sit dit saam met die maalvleis asook snye avokado en suurroom voor.