Pages

Tuesday, 18 June 2013

Boerebeskuit

Amanda Weber Destroo

Beskuit resep.
Ek gebruik kits gis.
750ml melk,
500g botter/­margarien,
400g(500ml) suiker,

Ongeveer 2 liter sterk lou water.
6 pakkies kitsgis(7g stokkies)
75ml sout,
5kg koekmeel,
5 eiers,
1 blik kondensmelk,
50ml suurlemoensap.

Ekstra botter of margarien om jou hande te smeer.

Kook melk, botter en suiker saam, laat afkoel.
Klits eiers, kondensmelk en suurlemoensap saam.
Sif meel en sout saam.
Sprinkel suurdeeg oor.
Roer die melkmengsel, water en eiermengsel by.
Knie goed smeer jou hande gereeld met margarien. (ongeveer 20 min)
Bedek die deeg en laat rys tot dit verdubbel. (Ek het 'n groot skottel ek laat hom vol rys)
Maak bolletjies en pak in gesmeerde pan.
Laat rys tot die panne vol is.
Bak teen 170grade vir ongeveer 60 min.
(Ek bak myne omtrent 45-50min. Toets maar om te sien wanneer hulle gaar is. Pasop dat hulle net nie te donker bak nie.)
Smeer suikerwate bo-op vir glans sodra hulle uit die oond kom.