Pages
▼
Sunday, 2 December 2012
4 V-SLAAI
4 V-SLAAI (Vars, vesel, vinnig en vullend) - Die Nataniël Tafel
JY BENODIG
SOUS: ½ t Engelse mosterd (sterk)
2 t heuning
2 e lemoensap
1 t witwynasyn
½ t paprika
sout en swartpeper
SLAAI: 225g rooi- of witkool of 'n mengsel van die twee
3 middelslaggeelwortels
10 repies gedroogde mango
1 rooiskil-appel
1 x 200g blikkie groen - of cannellini boontjies, gedreineer
¼ k(50g) dadels, gekap
METODE
SOUS: Meng die mosterd deeglik met die heuning. Voeg die lemoensap, asyn, paprika en geurmiddels by en meng goed. Verkoel in die yskas tot benodig. SLAAI: Kerf die kool baie fyn, en gooi die stronke en wit riwwe weg. Sny die wortels in baie dun repies van sowat 5cm lank. Rangskik saam met res van bestanddele op groot bord. Gooi sous net voor etenstyd oor.