Pages

Thursday, 29 November 2012

Swartbord idees

Kry hierdie kersfees swartbord verf en maak goedjies wat baie waardeer sal word.  Hier is sommer twee fototjies wat ons by 'n vriendin gekry het om te wys wat jy kan doen.  Ons idees is as volg:

1)  As daar erens 'n ou skildery raam rond le, verf die raam self met 'n mooi kleur wat pas by jou dekor en verf dan die binnekant met swartbord verf.  Jy kan dit dan by jou voordeur hang met woorde soos "Welkom hierdie Kersfees" daarop geskryf om jou gaste welkom te heet.
2)  Verf 'n groterige hout bord met swartbord verf en gebruik dit as "kennisgewing" vir Vader Kersfees.  Skryf woorde soos "Stop asb. by my huis Vader Kersfees" daarop en laat die kinders dit naby hul kerskouse sit.  Of gebruik dit as "skinkbord" vir jou kaas bord op oukersaand.  Skryf dan die name van die verskillende kase daarop sodat jou gaste weet watter en is watter een.
3)  Jy kan potplanthouertjies daarmee verf en dan die naam van die plantjie wat jy as geskenk gee daarop skryf.
4)  Jy kan so 'n oulike blikbekertjie maak soos hierbo, maar in stede van witbord kryt - gebruik wit verf sodat dit gewas kan word.  Die bekertjie gaan jou R5 kos en jy kan dit dan vol maak met goedjies soos marshmallows en soetgoed as deel van die geskenk.
5)  As jy kuiergaste kry vir kerstyd - hang 'n swartbord in die kombuis as deel van jou dekor en versier dit met 'n kersvader hoed of 'n strik.  Skryf dan soggens die dag se menu daarop.  Dis heerlik vir gaste om te weet wat om te verwag.  (Dalk inspireer dit hulle om sommer hand by te sit met die etes se voorbereiding.)