Pages

Monday 12 November 2012

KANEEL VLA - TERTJIES




Maryna Mouton
Gaarmaaktyd: 15-20 minute
Oondtemperatuur: 220 °C
• 400 g gekoopte blaardeeg
• 70 ml melk
• 170 ml room
• 2 kaneelstokkies
• 170 ml (150 g) strooisuiker
• 15 ml mielieblom
• 4 groot eiergele
• kaneelsuiker om oor te sprinkel
1 Rol die blaardeeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Druk sirkels uit en gebruik dit om gesmeerde muffinpannetjies uit te voer. Sit dit in die yskas totdat jy dit vul.
2 Verhit die melk, room en kaneelstokkies saam tot die mengsel net-net prut. Roer die suiker by, haal dit van die plaat af en laat dit vir 10 minute eenkant staan sodat die geure kan trek. Skep die kaneelstokkies uit. Roer die mielieblom by 25 ml koue water en roer dan ’n bietjie van die warm room- mengsel daarby in. Roer die mielieblom- mengsel by die res van die roommengsel.
3 Klits die eiergele met ’n vurk en roer dit by die roommengsel in. Gooi die mengsel in die tertdoppies tot dit twee derdes vol is. Bak dit in ’n warm oond vir 15 tot 20 minute tot die vla gestol het en die tertkorse bros is. Sprinkel kaneelsuiker oor en laat dit afkoel..