Elna Kluyts
Doopsous:
verpulp komkommer en voeg by:
fyn gekapte ui, mayonaise, kondensmelk, asyn.
Dit stol effens. Lekker.
Doopsous
1 blik Pillchards (Gewoon of chilli)
3 e mayo
3 e Chutney
Meng als goed tot vis so fyn is as wag jy verlang.
humus doopsous:
1 blik kekerertjies (chick peas) half gedreineer
so 2 eetlepels olyfolie
so 1 eetlepel tahini (sesame saad pasta)
so 1 eetlepel suurlemoensap
1 gekapte knoffelhuisie
knippie cayenne peper
maalpeper
Meng met handmenger. Gee wortel-, komkommerrepies, ens. om daarin te doop.
Sanette Meyer Meiring
Gewone Bulgaarse jogurt met van jou gunsteling byvoegings is baie, baie laag in kilojules. As jy mayonaise gebruik, gebruik Trim en ipv kondensmelk gooi net 'n sakkie sweetner in. Jy kan agurkies ook fynkap en byvoeg. Sweet Chilli sauce is ook baie lekker.