Kook die melk en margarine saam. Klits die eiers, sout, suiker en vanilla saam. Sif die meelblom, mielieblom en vlapoeier saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en klits goed totdat al die klontjies opgelos is. Roer bietjie van die melkmengsel by de eiermengsel. Roer dan geleidelik by die kookmelk in die pot. Roer tot vulsel verdik. Verwyder van die hitte, sit deksel op en laat staan vir 1 min. Laat afkoel en plaas in yskas tot koud. Spuit of skep melktertpap in doppies, strooi pypkaneel met ‘n siffie bo-oor.