Pages

Tuesday, 21 October 2014

Patrone op keramiek




Patrone op keramiek
Jy benodig
• keramiek-item (bakkie, bord, beker, ens.)
• blommotief (hier onder)...
• keramiekpenne
• inkleurpotlode (opsioneel)
• skerp potlood of balpuntpen
• koolpapier
• maskeerband

• wit asyn en watte
So maak jy
1 Kopieer ons blommotief of jou eie ontwerp in die verlangde grootte. Ons moes twee maak sodat dit reg rondom die bakkie kon pas. As ’n kleurgids kan jy ook ’n aparte een met inkleurpotlode inkleur as jy wil.
Ceramic-Step-1
2 Vee jou bakkie met asyn af om seker te maak dis vet- en stofvry.
Ceramic-Step-2
3 Plak ’n stuk maskeerband aan die borand van ’n strook koolpapier en plak dit om die rand van die bakkie vas.
Ceramic-Step-3
4 Plak nou ’n stuk maskeerband aan die rand van die gekopieerde motief en plak dit bo-oor die koolpapier vas.
Ceramic-Step-4
5 Knip kepe in die papier (moenie die motief raak knip nie) sodat die motief oral mooi oor die bakkie se rondings lê. Heg die los punte met stukkies maskeerband aan die bakkie vas.
Ceramic-Step-5
6 Trek die motief oor deur met jou potlood of balpuntpen oor al die lyne te gaan.
Ceramic-Step-6
7 Verwyder die gekopieerde motief en koolpapier en herhaal aan die ander kant, indien nodig.
Ceramic-Step-7
8 Kleur nou die motief met jou keramiekpenne in. Ons het penne gebruik wat vir sowel porselein as glas geskik is en skottelgoedwasserbestand is.
Ceramic-Step-8
9 Laat die ingekleurde bakkie vir minstens 24 uur staan om droog te word. Vee die koolpapierstrepe met seepwater af, of gebruik bensien as jy sukkel