Pages

Tuesday 22 July 2014

Vrugteslaai vir die winter




Vrugteslaai vir die winter
Gebruik die vrugte in die winter teen kamertemperatuur. Dit bring die smaak lekker na vore en is nie te koud om te kan geniet nie.

Bestanddele
2 lemoene, geskil
 2 nartjies, geskil
 1 pienk pomelo, geskil
 2 Pink Lady appels, ontpit
 1 - 2 ferm, maar ryp pere, ontpit
 1 - 2 piesangs, geskil
 1 klein ryp papaja, geskil en ontpit
 1 pynappel, geskil
 2 koejawels (indien nog beskikbaar)
 1 x blikkie grenadellapulp of 2 vars grenadellas
 10 - 12 vars kruisementblare, grof geskeur

Metode
1. Verdeel al die sitrusvrugte in segmente en sny dit selfs in die helfte, indien verkies. Sny sitrus oor ’n bakkie, om al die vloeistof op te vang en ook te gebruik. Skink van dit later oor die gesnyde appels, pere en piesangs om te verhoed dat dit verkleur. Skink die res oor die slaai.
 2. Sny die ander vrugte in ewe groot blokkies of stukkies volgens jou keuse of die manier waarop jy dit gaan gebruik.
 3. Meng die vrugte kort voor dit gebruik gaan word en meng liggies deur. Voeg die kruisement of enige sade of neute by net voor dit voorgesit word, sodat dit lekker bros kan bly.
Wenke:
 1. Indien die vrugteslaai vir ’n kosblik gemaak word, kan die piesang uitgelaat word, as jy dit verkies, aangesien die gesnyde piesang effens meer kan pap druk.
 2. Voeg ’n halwe tot ’n hele avokado by die slaai vir ’n middagete