Pages

Tuesday 22 July 2014

Pienk skuimpoeding



Pienk skuimpoeding
Dié veerligte poeding kan jy ook vries om ’n kortpad-roomys sonder ’n masjien te maak.
Genoeg vir 8
• 15 ml gelatien
• 30 ml koue water
• 1 x 410 g-blik suikervrye koejawels
• 2 x 30 g-sakkies suikervrye  framboosjellie
• 250 ml kookwater
• 1 x 410 g-blik ingedampte laevet-melk,
 yskoud verkoel

Meng gelatien met koue water en laat staan 5 minute. Dreineer koejawels en verpulp tot glad met staafmenger. Maak jellie aan met kookwater en roer tot opgelos. Voeg geweekte gelatien by en roer tot gesmelt. Voeg koejawelpuree by en meng deur. Klits ingedampte melk met elektriese klitser tot stywe punte vorm, sowat 5 – 8 minute. Skep helfte by koejawelmengsel en roer tot ingemeng. Vou oorblywende helfte in. Skep mengsel in koekpan met ’n volume van 3 liter. Laat stol 4 – 6 uur in yskas of oornag. Doop pan 20 sekondes lank in kookwater en keer vorm uit op opdienbord.