Pages

Sunday 1 June 2014

Murray se Curry Bunny Chow




Murray se Curry Bunny Chow - RSG

 

Murray het in 1987 sy eerste Bunny Chow in Durban geëet. Dit was 'n intense ervaring en hy het sedertien 'n studie gedoen oor hoe om die perfekte Bunny Chow te maak!
Bestanddele
½ ongesnyde vars brood, wit of bruin
Droë bestanddele
1 teelepel heel komyn
1 teelepel heel anys
1 teelepel matige kerrie
1 teelepel mother in law marsala
Atjarolie, genoeg om n goeie sous te maak
1 teelepel vars gemaalde gemmer
1 teelepel vars gemaalde knoffel
1 teelepel gemengde kerriemengsel
1 teelepel rooi peper
1 eetlepel klapper.
2 Jalapeño rissies, opgesny (opsioneel)
Nat bestanddele
1 klein blikkie kerriegroente
1 teelepel vars knoffel
1 teelepel vars gemmer
handvol rosyne
handvol gaar varkworsies, in stukkies gesny (of 1 blikkie tamatiesardyne, of 3 hoenderborsies, in stukkies gesny)

Metode
Meng al die droë bestandele en braai in olie totdat geure goed deurkom.
Sit die nat bestandele by en braai saam vir 10 minute.
Gooi varkworsies/hoender/vis by en braai in pan vir nog 5 minute.
Hol die halwe brood uit en sit die uitgehaalde stuk eenkant - dit word ook geëet (In Durban staan hierdie deel bekend as die virgin)
Gooi die kerriemengsel in die hol brood en garneer met vars piesang en klapper.