Tuesday, 10 June 2014

Marokkaanse harira(lam-en-kekerertjie-sop)




Marokkaanse harira(lam-en-kekerertjie-sop)
deur Herman Lensing
Kekerertjies is ’n goedkoop manier om vleissop te rek.
 6 porsies
• 60 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 5 ml fyn koljander
• 10 ml fyn komyn
• 5 ml kaneel
• 500 g lamsvleisblokkies
• 2 x 400 g-blik tamaties
• 50 g split-ertjies
• 1 000 ml beesvleis-aftreksel
• 1 x 400 g-blik kekerertjies, doppe
 verwyder
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol koljander, fyngekap
Verhit olyfolie in middelslagpot. Voeg uie by en braai vir 2 minute.Voeg
 koljander, komyn en kaneel by. Braai nog 1 minuut. Voeg vleis by en braai tot  goudbruin. Voeg tamaties, split-ertjies en aftreksel by.Verlaag hitte en laat prut stadig vir 2 uur met deksel op.Voeg kekerertjies by en kook vir 15 minute.   Geur goed met sout en peper. Roer net voor ete gekapte koljander by.As sop te  dik is, roer nog aftreksel by.