Een romany cream beskuitjie elk in ‘n geblikte perske helfte op ‘n oondpan – sit dit sommer in jou muffinpanne. Skep 3 – 4 of meer eetlepels ideal melk oor elkeen – laat staan tot koekie sag is. Bak dan net voor jy poeding bedien in ‘n lekker warm oond 200°C vir 10 - 12 minute. Bedien met geklopte room. Jy kan ook ‘n skoot amarula oor elke koekie skep voor die ideal melk – vir ekstra skop!