Pages
▼
Friday, 4 August 2017
Vrugtekoek
Vrugtekoek
1,25 kg vrugtekoekmengsel
500 g dadels , fyn gesnipper
500 g verglansde vrugte
125 g rooi glanskersies
500 ml brandewyn
500 ml suiker
500 g botter
4 eiers
820 ml koekmeel
5 ml koeksoda
3 ml fyn kaneel
3 ml fyn gemmer
3 ml foelie ( mace ) (jy kan nutmeg hier gebruik)
DAG 1
Meng die vrugtekoemengsel , dadels , verglansde vrugte , kersies en brandewyn saam , bedek en laat staan vir 24 uur .
DAG 2
Voorverhit die oond tot 150 C en voer n diep pan van 26 cm met drie lae bakpapier uit.
Draai n kraag van bruinpapier buiteom.
Verroom die suiker en botter saam tot lig en romerig .
Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging .
Voeg die vrugte-en-brandewyn mengsel by en roer goed.
Voeg die meel , koeksoda , kaneel , gemmer en foelie by en meng goed .
Skep in voorbereide pan , smeer gelyk en bak vir ongeveer 3 uur of tot deurgaar .
Laat in pan afkoel .
Deur: Petro van Genderen