Pages

Tuesday, 15 August 2017

Semelsaadbeskuit



Semelsaadbeskuit
Maak sowat 40 beskuite
Bereiding: 10 min.
Bak: 45-60 min.
Uitdroog: 2-3 uur....

500 ml (2 k) sonneblommeel (maal sonneblompitte in die voedselverwerker fyn)
7 ml (1½ t) koeksoda
7 ml (ruim 1½ t) bakpoeier
5 ml (1 t) elk fyn kaneel en gemmer (opsioneel)
5 ml (1 t) sout
375 ml (1½ k) semels
125 ml (½ k) klapper
45 ml (3 e) psilliumvesel
125 ml (½ k) gekapte pekanneute
180 ml (¾ k) elk sonneblom- en pampoenpitte
250 ml (1 k) sultanas of rosyne , bosbessies of fyn gekapte dadels
80-125 ml (?-½ k) heuning (verkieslik rou)
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) natuurlike jogurt of karringmelk
80 ml (? k) gesmelte botter
325 ml (1? k) water
ekstra pitte vir oorsprinkel (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 1 groot bakplaat met kossproei.

1.Meng die meel, koeksoda, bakpoeier, speserye (indien gebruik) en sout.

2.Voeg die semels, klapper, psilliumvesel, neute, pitte en droëvrugte by.

3.Klits die heuning, eiers, jogurt, botter en water saam.

4.Voeg die watermengsel by die droë bestanddele en meng goed.

5.Skep in die bereide bakplaat en maak gelyk. Sprinkel die ekstra pitte oor (indien gebruik) en druk goed vas.

6.Bak 45-60 min. of tot goudbruin en gaar.

7.Sny in stukke en droog 2-3 uur by 100 °C uit. Skakel die oond af. Los die beskuit in oond tot heeltemal droog en bros.