Pages

Tuesday, 22 August 2017

OORSKIET BLITS HOENDER BREYANI



OORSKIET BLITS HOENDER BREYANI

45 ml olie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap...
10 ml koljander
10 ml komyn
5 ml borrie
5 ml kaneel
15 ml kerriepoeier
Duimgrootte stuk vars gemmer, gerasper
2 rooi brandrissies, gekap
625 ml gaar rys
1 x 410 g blik gekapte tamaties
180 ml water of hoenderaftreksel
Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
4 gaar aartappels, in blokkies gesny
1 kg gaar hoendervleis, in stukkies gesny
Handvol vars koljanderblare, grof gekap

JOGHURT SOUS:
375 ml dik jogurt
5-10 ml gerasperde, vars gemmer
2 knoffelhuisies, fyn gekap
Sout na smaak
45 ml-60 ml vars suurlemoensap

METODE:
Verhit olie in ’n groot swaar platboompotenbraaiuieenknoffeltot sag.
Voeg die koljander, komyn, borrie, kaneel, kerriepoeier, gemmer en brandrissie by en braai vir 2-3 minute. Voeg rys by en braai ’n paar minute.
Voeg tamaties, water, geurmiddels,aartappel en hoender by.
Verhit tot kookpunt en prut vir sowat 20 minute of tot vloeistof afgekook en bri-jani deurwarm is.
Terwyl brijani kook, meng jogurt, gemmer, knoffel, sout en suurlemoensap saam en verkoel.
Roer gekapte koljanderblare by en sit voor met jogurtsous en ’n wiggie suurlemoen.
Lewer 4-6 porsies.