Pages

Tuesday, 29 August 2017

MAALVLEIS-EN-MOZZARELLA-JAFFELS



MAALVLEIS-EN-MOZZARELLA-JAFFELS

Genoeg vir: 4 – 6

• 20ml olyfolie...
• 1 ui, gekap
• 4 knoffelhuisies, fyngedruk
• 500g maer beesmaalvleis
• 1 x 410g-blik tamatiepuree
• 5ml droë origanum
• 3ml droë basilie
• gesnyde witbrood
• sagte botter
• 250ml gerasperde mozzarella
1. Verhit die olie en soteer die ui tot dit sag is. Voeg die knoffel by en soteer dit vir nog ‘n minuut.
2. Verhoog die hitte, voeg die maalvleis by en roerbraai dit tot dit verbruin. Voeg die tamatiepuree en kruie by. Verhit dit tot kookpunt, verlaag dan die hitte en laat dit vir 20 – 30 minute prut tot die sous dik is. Geur dit na smaak.
3. Maak die jaffel deur 2 snye brood met botter te smeer. Skep ‘n lepel vol van die maalvleismengsel op die kant van die brood wat nie gesmeer is nie en strooi die mozzarella bo-oor. Sit die ander sny brood bo-op met die bebotterde kant na buite.
4. Sit die toebroodjie in ‘n jaffelpan en rooster dit vir 2 – 3 minute aan elke kant tot dit goudbruin is. Haal die jaffel uit die pan en herhaal die proses met die orige bestanddele.