Pages

Friday, 4 August 2017

Lemoen-en-bosbessiebiscotti



Lemoen-en-bosbessiebiscotti

Bestanddele
60 g botter
187 ml (¾ k) strooisuiker...
5 ml (1 t) lemoengeursel
fyn gerasperde skil van 1 lemoen
2 eiers
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
60 ml (4 e) pekanneute, grofgekap
125 ml (½ k) gedroogde bosbessies (cranberries)

Metode

Stel oond op 180 °C.
1.Room botter en strooisuiker tot liggeel.
2.Roer lemoengeursel en lemoenskil by. Klits eiers by.
3.Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng by bottermengsel.
4.Meng neute en bosbessies by.
5.Druk deeg bymekaar en verdeel in twee gelyke dele.
6.Rol deeg in rolle en vorm tot ovaalvormig (dit hoef nie hele pannetjie vol te lê nie. Moenie te veel verder daaraan druk nie sodat ovaalvorm behoue bly). Plaas in twee gesmeerde 9 cm x 26 cm-broodpanne.
7.Bak vir 25 minute of tot goudbruin bo-op.
8.Laat effens in pannetjies afkoel. Keer uit en laat heeltemal afkoel.
9.Sny in 5 mm-skywe. Plaas op bakplate sonder dat dit oorvleuel.
10.Droog vir twee uur teen 70 °C uit.