Pages
▼
Monday, 31 July 2017
CROISSANTS
CROISSANTS
Dit vat tyd en moeite om croissants te maak. Jy moet dit oor 2 dae doen. Die eindresultaat proe soos die regte ding. Gebruik die basisresep om ander soorte, soos sjokolade-, rosyntjie- of kaneel-rolletjies, te maak.
(12 CROISSANTS)
500 ml melk
2 x 10 g-pakkies gis...
100 g suiker
20 g sout
1 000 g koekmeel
500 g botter
Dag 1
Meng melk, gis, suiker en sout in middelslagmengbak. Voeg genoeg meel by tot stywe, kniebare deeg vorm.
Knie vir 10 – 12 minute op meelbestrooide oppervlak of tot gladde deeg vorm.
Draai toe in plastieksakkie en laat oornag in yskas rus tot yskoud.
Dag 2
Gebruik rolstok en slaan botter tussen twee velle plastiek plat tot ’n vierkant van 20 x 20 cm en 1,5 cm dik.
Sprinkel meel op werksoppervlak en rol koue deeg uit in vierkant van 30 x 30 cm.
Plaas 500 g botter in middel van vierkant. Vou deegrand na middel van botter tot hele botter toegevou is met deeg.
Gebruik rolstok en rol deeg-en-botter-vierkant uit tot 50 cm lank. Vou boonste punt van deeg na middel en dan nog een vou na onder.
Draai deeg tot gevoude sy na regs wys. Herhaal proses. Laat rus in yskas vir 2 uur.
Herhaal vouproses nog een keer. Laat rus in yskas vir 2 uur.
Dis belangrik om deeg so koud moontlik te hou terwyl jy die vouwerk doen anders gaan botter uitsmelt. Sprinkel meel op werkoppervlak en rol deeg uit tot sowat 5 mm dik. Sny kante van deegvel tot ’n netjiese reghoek.
Sny driehoeke uit deeg met ’n basis van 10 cm en 20 cm hoog. Rol driehoekdeeg op om croissant te vorm. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 25 – 30 minute.
Verf geklitste eier oor en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar.