Pages

Thursday 25 May 2017

Hierdie maklike patroon pas verskillende groottes honde



Hierdie maklike patroon pas verskillende groottes honde

Christa Swanepoel
BENODIGHEDE
• 1 bal elk ELLE PURE GOLD CHUNKY in enige drie kleure van jou keuse
• 5,5 mm-breinaalde
MATE
Pas K(M; G; XG) of borsgrootte of 36(46; 56; 66) cm
BREI-INLIGTING
Brei deurgaans 6 rye in elke kleur
BOONSTE GEDEELTE
Stel 39(57; 69; 75) ste op.
1ste ry: *r3, aw3, herh van * tot laaste 3 ste, r3.
2de ry: aw3, *r3, aw3, herh van * tot einde.
Gaan voort in 3×3-rif en kleurpatroon tot werk 20(30; 40; 43) cm lank is, eindig met VK-ry.
Gaan soos volg voort:
Vmin 1 st aan weersk van vlg en elke alt ry 8(8; 12; 12) keer. 23(41; 45; 51) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot werk van beg af 30(40; 53; 58) cm lank is. Heg lossies in rif af.
ONDERSTE GEDEELTE
Stel 7 ste op.
1ste ry: *r1, aw1, herh van * tot laaste st, r1.
2de ry: aw1, r1, aw1, tot einde.
Gaan voort in 1×1-rif en vmeer 1st aab weersk van vlg en elke vlg 3de ry 7(9; 13; 16) keer. 21(25; 33; 39) ste.
Gaan voort sonder om te vorm tot werk 20(30; 40; 42) cm lank is. Heg lossies af.
KRAAG
Werk een kant van boonste en onderste gedeelte aan mekaar van nek af tot waar breedste gedeelte van lyf begin. Tel op en r 44(58; 72; 76) ste ewerdig om halsgedeelte. Werk in 1×1-rif vir sowat 7-10 cm of lengte verlang. Heg in rif af. Sit eenkant.
POOTOPENINGE
Maak 2
Stel 20(22; 24; 26) ste op en werk in 1×1-rif vir 5 rye. Heg in rif af. Met regte kante opmekaar, werk kort kant toe.
AFRONDING OM LYF
Stel 78 (96; 120; 130) ste op en werk in 1×1-rif vir 5 rye. Heg in rif af. Met regte kante op mekaar, werk kort kant toe.
OM TE VOLTOOI
Werk kraag en ander deel van boonste en onderste gedeelte toe tot by wydste deel, laat sowat 5(6; 7,5; 9) cm oop vir voorpoot en werk res van boonste en onderste gedeelte toe.
Met regte kante op mekaar, werk rif vir pootopening om opening vas. Met regte kante op mekaar, werk rif vir lyf rondom oor boonste en onderste gedeelte vas.