Pages

Friday, 24 March 2017

Cowboykos



Cowboykos
4 porsies
600 g boerewors
bietjie olie
1 ui, in halfmaanskywe gesny
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
10 ml (2 t) kerriepoeier
410 g (1 blik) gekapte tamaties
sout en peper na smaak
400 g (1 blik) gebakte bone of lensies
KOESKOES
250 ml (1 k) kookwater
2 ml borrie
5 ml (1 t) knoffel-en-kruie-speserye (Ina Paarman)
10 ml (2 t) olie
knypie sout en peper
250 ml (1 k) koeskoes

  1. Braai wors in braaipan met bietjie water tot gaar. Laat afkoel en sny in happiegrootte stukkies.
  2. Verhit bietjie olie en soteer ui en kruie tot ui sag is. Voeg kerriepoeier by en soteer vir een minuut.
  3. Voeg tamaties, sout en peper by en kook tot deurwarm.
  4. Voeg boontjies of lensies en boereworsstukkies by. Kook tot deurwarm.
  5. Koeskoes Verhit kookwater, borrie, knoffel-en-kruie-speserye, olie, sout en peper saam in kastrol tot kookpunt.
  6. Verwyder kastrol van stoofplaat en roer koeskoes by. Plaas deksel op en laat staan vir vyf minute tot koeskoes uitgeswel is.
  7. Roer koeskoes met vurk los van mekaar.
  8. Skep koeskoes in opdienbakkies met worsstukkies bo-op.
  9. Sit warm voor.