Pages

Friday, 24 March 2017

BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK



BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK

1 kg beesstert
2 E olyfolie
100 gr wortel, blokkies gesny...
50 gr uie , blokkies gesny
50 gr seldery, gekap
2 kop rooiwyn
1 kop port
1 kop sterk swart filterkoffie
6 kop beesvleisaftreksel
Sout en peper
1 elk lourierblaar,tiemie,pietersielie takkies of bouquet garni.

Metode:
Verbruin vleis in olie, haal dan uit en verbruin wortels , uie en seldery. Gooi rooiwyn in pot en kook vinnig vir 10 minute. Voeg dan aftreksel,koffie, port en beesstert by. Geur met sout, peper, en kruie. Verlaag temperatuur en kook stadig vir 4-5 ure tot sag en van bene afval. Bedien met kapokaartappels.