Pages

Tuesday, 21 February 2017

Mango-blatjang



Mango-blatjang

Genoeg vir: sowat 3 bottels
Bereidingstyd: 40 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur...
•1,5 kg ferm mango’s, geskil, ontpit en in 1 cm-blokkies gesny
•500 ml witasyn
•250 g ligbruinsuiker
•2 uie, geskil en gekap
•125 ml gedroogde bosbessies
•1 vet duim vars gemmer, geskil en gerasper
•10 ml kerriepoeier
•5 ml mosterdsaadjies, gerooster
•5 ml knoffelvlokkies
•5 peperkorrels
•5 ml sout
1 Gooi al die bestanddele saam in ’n dikboomkastrol en roer dit oor matige hitte tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat prut dan stadig tot die mengsel begin dik word. DIt kan tot 1 uur neem.
2Bottel in gesteriliseerde glasbottels en verseël terwyl dit nog warm is. Laat dit vir sowat 3 weke in die spens staan sodat die geure kan ontwikkel.

Wenk Sit brandrissie na smaak by.