Pages

Friday, 3 February 2017

Hamburger met piesangsous



Hamburger met piesangsous

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 8-10 minute...

PIESANGSOUS
25 g botter
10 ml (2 e) olyfolie
15 ml (1 e) matige kerriepoeier
25 ml (5 t) meel
2 uie, grof gekap
30 ml (2 e) witwynasyn
150 ml vleisaftreksel
5 ml (1 t) sout
25 ml (5 t) fyn appelkooskonfyt
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
4 piesangs, in skyfies gesny

HAMBURGERS
4 broodrolletjies
500 ml (2 k) blaarslaai
4 gaar vleiskoekies

1.PIESANGSOUS Verhit die botter en olie in ’n swartpot op warm kole en roerbraai die kerriepoeier sowat 1 minuut. Voeg die meel by en roerbraai sowat2 minute. Voeg die uie by en braai tot goudbruin.

2.Roer die witwynasyn, vleisaftreksel, sout, appelkooskonfyt, suiker en piesangs by en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat sowat 5 minute prut.

3.HAMBURGERS Sny die rolletjies oop en pak die blare op. Sit ’n hamburgerkoekie bo-op en skep die sous oor.