Pages

Wednesday, 23 November 2016

VINNIGE VRUGTEKOEK




VINNIGE VRUGTEKOEK
1 ronde koek
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) suiker...
180 g botter
500 ml (2 k) sultanas
250 ml (1 k) rosyne

60 ml (4 e) sitrusskil
250 g (1 pakkie) dadels, fyngekap
2 50 g (1 boksie) heel rooi
glanskersies
3 ekstragroot eiers
5 ml (1 t) koeksoda
15 ml (1 e) brandewyn
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
1 ml sout
1 00 g (1 pakkie) pekanneute,
grofgekap
60 ml (4 e) brandewyn
ekstra brandewyn vir bo-oor
Stel oond op 160 °C.
1.Kook water, suiker, botter, sultanas, rosyne, sitrusskil, dadels en kersies saam vir 20 minute terwyl jy af en toe roer.
2.Laat vrugtemengsel vir 15 minute afkoel.
3.Klits eiers en roer by vrugtemengsel in.
4.Roer koeksoda en brandewyn by vrugtemengsel in tot gemeng.
5.Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer by vrugtemengsel tot gemeng.
6.Roer neute by beslag tot gemeng.
7.Skep beslag in ronde koekpan van 22 cm in deursnee wat met twee lae bruinpapier uitgevoer is en goed met kossproei gespuit is.
8.Bak vir 90 minute of tot toetspen skoon uitkom.
9.Sprinkel brandewyn (60 ml) oor. Laat afkoel en draai in foelie toe. Hou in lugdigte houer.
10.Sprinkel gereeld met ekstra brandewyn en versier soos verkies.