Pages

Tuesday, 1 November 2016

Grondboon-en-pretzelstafies



Grondboon-en-pretzelstafies
Verpak die grondboon-en-pretzelstafies in ’n boksie wat met waspapier gevoer is.
Maak: omtrent 70 klein reghoeke...
Bereidingstyd: 45 minute
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

Basis
• 250 g (270 ml) sagte botter
• 200 g (230 ml) strooisuiker
• 320 g (590 ml) koekmeel
• 50 g (85 ml) mielieblom
Bolaag
• 2 blikke (375 g elk) kondensmelk
• 120 g (130 ml) botter
• 60 ml gouestroop
• 400 ml pretzels
• 250 ml geroosterde, gesoute grondbone

1 Basis Klits die botter en suiker saam tot dit romerig is. Vou die meel en mielieblom in. Smeer ’n koekpan van 28 x 40 cm en voer dit met bakpapier voordat jy die mengsel op die bodem vasdruk.
2 Bak die basis vir 20 minute in die verhitte oond of tot dit liggies goudbruin en deurgaar is.
3 Bolaag Meng die kondensmelk, botter en gouestroop in ’n kastrol en roer dit oor matige hitte tot die mengsel ’n goudbruin kleur kry. Toets of die toffiemengsel gereed is deur ’n bietjie van die mengsel in ’n klein bakkie met koue water te drup. Dit is reg as dit ’n ferm bolletjie vorm.
4 Verwyder die kastrol van die hitte en smeer die toffiemengsel oor die voorbereide basis. Sprinkel die pretzels en neute bo-oor, druk dit liggies in die toffie en sit dit eenkant om heeltemal af te koel. Gebruik ’n skerp getande mes om dit in reghoekige stafies te sny. Bêre die stafies in ’n lugdigte houer tot jy gereed is om dit te verpak. Verpak die grondboon-en-pretzelstafies in ’n boksie wat met waspapier gevoer is.