MAKLIKE VRUGTEKOEK VIR KERSFEES KOOK DIE VOLGENDE SAAM: 1 koppie bruin suiker 125g botter/margarien 1 koppie koue water 500g keurgraad vrugtige koekmengsel METODE: Laat behoorlik afkoel. Voeg 2 goedgeklitste eiers by mengsel. Sif - 2 koppies bruismeel, 1 opgehoopte teelepel koeksoda en 1 teelepel gemengde speserye saam. Roer by mengsel in. Voeg 125g gesnyde kersies en ‘n ½ koppie brandewyn (whiskey, port) by mengsel. Voorverhit oond. Voer ‘n koekpan met tinvoelie uit, gooi mengsel in en bak 1¼ uur by 150°C. Versier met groenvye en glanskersies.