Pages

Tuesday, 27 September 2016

Franse roosterbrood met ricotta





'n Heerlike bederf vir 'n Saterdagoggend
Franse roosterbrood met ricotta
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 10-15 min....

1 ciabattabrood, in 8 dik skywe gesny
30 ml (2 e) botter
60 ml (¼ k) heuning
VULSEL
300 g ricottakaas
50 g amandelsplinters
10 g vars pietersielie, gekap
10 g grasuie, gekap
sout en vars gemaalde peper
EIERMENGSEL
6 eiers
60 ml (¼ k) melk

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Vulsel Meng al die bestanddele en geur na smaak met die sout en peper.
Skep lepels vol van die mengsel op die helfte van die broodjies. Sit die ander helftes op en maak toebroodjies.
Eiermengsel Klits die eiers en melk saam. Hou die broodjies versigtig bymekaar en doop in die eiermengsel. Maak seker die hele broodjie is met die eiermengsel bedek.
Verhit die botter in ’n pan en braai die broodjies aan albei kante tot goudbruin. Pak op ’n bakplaat en rooster nog 5-10 min. in die oond tot deurwarm.
Bedruip met die heuning en sprinkel met ekstra geroosterde amandelsplinters (Huisgenoot)