Pages

Wednesday, 17 August 2016

Aartappel-en-cheddarkaassirkels




Aartappel-en-cheddarkaassirkels
(sowat 22 sirkels)
4 groot aartappels, geskil
300 g sterk cheddarkaas, gerasper
2 eiers, geklits...
60 ml gekapte pietersielie

knippie rooipeper, of na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 velle filodeeg
sowat 50 ml gesmelte botter
sowat 150 ml olyfolie
30 ml gekapte pietersielie
Kook aartappels tot sag. Druk fyn met ‘n vurk. Daar kan nog stukke in wees. Voeg kaas, eiers en pietersielie by. Geur met rooipeper, sout en peper. Plaas een vel filodeeg op jou werkoppervlak. Smeer met gesmelte botter. Plaas ‘n tweede vel deeg bo-op. Smeer weer met gesmelte botter. Herhaal met ‘n derde vel. Skep van die aartappelvulsel sowat 5 cm van
onderkant van deeg in ‘n lang wors. Vou deeg oor vulsel. Vou kante weerskante oor vulsel en rol op. Herhaal met die res. Maak toe met kleefplastiek en laat koud word in yskas. Sny koue rol
in skywe van sowat 3 cm. Verhit olyfolie in pan en braai sirkels weerskante vir sowat 3minute. Dreineer op kombuispapier. Sprinkel gekapte pietersielie oor en sit warm voor.