Pages

Thursday, 21 July 2016

Marmelade-brood-en-botterpoeding



Marmelade-brood-en-botterpoeding
Genoeg vir: 4 ruim porsies
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 30–40 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Bestanddele:
• 1 kort baguette, ’n dag of twee oud
• botter
• 100 ml Clemengold- of ander sitrusmarmelade
• 3 eiers
• 500 ml melk
• 5 ml vanieljegeursel
• 15 ml bruinsuiker
• knippie sout
Sny die brood in dun 1 cm-snytjies en smeer ’n dik laag botter en ’n dun lagie marmelade oor elkeen. Pak dit in lagies in ’n 1-liter oondvaste bak wat met botter gesmeer is. Klits die eiers, melk, vanielje, suiker en sout saam. Giet dié vla oor die brood en laat staan dit vir so 10 minute. Bak dit dan in ’n waterbad vir 30–40 minute of tot opgepof soos ’n soufflé. Ek sit dit voor met stroperige ingelegde sitrushelftes, maar dis ook heerlik met roomys en ’n sprinkel versiersuiker.

(Tuis)