Pages

Monday 20 June 2016

Wors Pot




Wors Pot
Bietjie kookolie vir braai
2 eetlepels botter
1kg boerewors
500g varkworsies...
1 blikkie botterbone
3 teelepels koekmeelblom

3 koppies aftreksel van jou keuse
halwe koppie rooi wyn
2 eetlepels tamatiepuree
1 teelepel mosterdpoeier
1 eetlepel worcestersous
1 teelepel tiemie
3 groot uie grof gekap
6 knoffelhuisies, gekneus
paar geelwortels, geskil en in stir-fry repies gesny
vars gemaalde swartpeper
Maak 'n bietjie olie in 'n groot pot warm. Braai die wors aan albei kante to mooi bruin. (haal uit en hou eenkant)
Plaas die botter in die pot, gooi die uie, knoffel en wortels by. Potbraai vir so 5 minute oor 'n matige hitte.
Sit die wors terug in die pot.
Maak paste van water en koekmeelblom en gooi by die wors/groente mengsel, gooi die aftreksel ook by. Gooi die botterbone en die res van die bestanddele saam met die wors/groente mengsel, bring tot kookpunt en prut stadig vir so 5 minute.
Bedien saam met mash of 'n lekker sny vars gebakte brood.