Pages

Tuesday 14 June 2016

Herman se braaibrood



Herman se braaibrood
Herman Kleinhans, van die groep TWEE, het in ’n uitsending van Kampkos vir ons gewys hoe om sy bielie van ’n braaibrood voor te berei. Kry sy resep hier.

Bestanddele
    
Instruksies
  1. Braai die kruisskyf nadat jy hom bietjie gesmeer het met olyfolie en ’n bietjie sout en peper.
  2. Sny die brood in die lengte in die helfte deur en smeer beide kante met roomkaas.
  3. Smeer dan die een helfte met pesto en die ander helfte met blatjang.
  4. Sny nou die uie en tamatie in fyn skywe.
  5. Pak die tamatie en uie op die brood aan elke kant en bedek elke kant met kaas.
  6. Sny nou die gaar biefstuk in repies en bedek een helfte van die brood daarmee.
  7. Vou die twee halftes van die brood weer versigtig toe en plaas dit in ’n toeknyprooster.
  8. Draai hom gereeld op ’n lae hitte. Siedaar!