Pages

Monday 27 June 2016

Connie se sjokoladekoek



Connie se “geheime” vir ‘n baie lekker sjokoladekoek is soos volg: Bestandddele 
4 eiers
1½ koppie suiker
1 koppie water
4 eetlepels olie
2 koppies meel
2 eetlepels kakao
2 teelepels bakpoeier, 1 teelepel vanilla
‘n kwart teelepel sout

Metode
Klits die eiers en suiker saam - so ongeveer 15 minute lank. Bring water en olie tot kookpunt. Sif meel, kakao en sout saam. Vou meelmengsel liggies in suikermengsel in. Gooi bakpoeier oor, dan water en olie. Voeg geursel by en bak vir 30 minute teen 180°C.
Maak ‘n stroop van ‘n ½ koppie water, 2 eetlepels suiker en kook vir ‘n kort rukkie.

Voeg dan ‘n ½ teelepel Rumgeursel by.

Wanneer die die koek gaar is, keer dit uit op die draadrakkie en gooi die stroop dadelik lepelsgewys oor die koeke.

Maak jou versiersuiker met die gewone kakao-poeier aan deur dit in ‘n bietjie botter/margarien te laat smelt en dit in ‘n bietjie water en melk aan te maak. Die geheim van viersiersuiker is - wees versigtig vir die vloeistof (‘n klein bietjie vloeistof lsluk sommer maklik ‘n halwe pakkie versiersuiker in - dan is die versiersuiker te slap en dan moet jy nog ‘n klomp versiersuiker bygooi net om dit die regte dikte te kry waarna jy waarskynlik met ‘n hele bakkie ongebruikte versiersuiker sal sit (behalwe as jy kleinkinders het). Die tweede geheim van versiersuiker is - moet nie te veel kakao gebruik nie - dit moet lekker “lig” wees en moet baie goed gemeng wees sodat die versiersuiker ‘n fyn tekstuur het... Smeer en rond jou koek mooi met die versiersuiker af en laat staan vir ‘n paar uur of oornag om mooi te set en jy het ‘n pragtige, heerlike sjokoladekoek!