Pages

Friday, 27 May 2016

Verskeidenheid Slaai Resepte




UITSOEK SLAAI RESEPTE

1 BROODSLAAI (Die maklike een)

sny brood in dik snye en dan in blokkies      sny kaas van jou keuse in blokkies
gebraaide spekvleis in stukkies gekap      gelyke hoeveelhede kondensmelk & mayonnaise
olie vir diepbraai               gebraaide sampioenstukkies (opsioneel)


Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin.  Dreineer en laat afkoel.  Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaise mengsel ?n halfuur voor opdiening by.

2.
HOENDERSLAAI MET MANGO EN GEMMER MAYONNAISE:

6 hoenderborsie filette            250ml wit wyn
250ml hoenderaftreksel            2ml swart peperkorrels
3 lourierblare                  bossie gemengde kruie
2 selderystingels, gekap            45ml pietersielie, gekap
3 groot mango's, geskil en gesny.

Gemmer mayonnaise
200ml mayonnaise               200ml suurroom
1 suurlemoenskil, gerasper            30ml suurlemoensap;
10ml heuning                  1 stukkie gemmerwortel, geskil en gerasper
sout en peper na smaak.

Meng alle mayonnaise bestanddele  saam, geur en verkoel.

Kook hoender liggies gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met  kruie, peperkorrels en lourier blare.  Sodra gaar, sny in stukkies. Meng gaar hoender met seldery, pietersielie en mango skyfies. Meng met gemmer mayonnaise.

3.
LENSIE-EN-RYSSLAAI:

200 g lensies                   200 g ongepoleerde rys
1 middelslag ui, geskil en fyngekap          1 knoffelhuisie gekneus 
200 ml fyngekapte pietersielie          sout en peper na smaak
175 ml lae-vet slaai-olie            75 ml asyn of suurlemoensap

Gooi lensies en rys saam in 'n bak en bedek dit met koue water.  Laat dit sowat 2 uur week.  Spoel in 'n sif onder lopende water af en plaas in 'n kastrol.  Voeg koue water en sout na smaak by en kook dit sowat 20 minute tot sag maar nie pap nie.  Dreineer in 'n vergiettes.  Gooi in slaaibak.  Voeg uie, knoffel, pietersielie sout en peper by en meng. Meng slaai-olie en asyn of suurlemoensap en gooi oor.

KERRIE-BONESLAAI:

350ml gaar bruin of gespikkelde bone      1 medium tamatie, in blokkies gesny
1 medium ui, gekap               50ml rosyne
5ml kerriepoeier               3ml sout
3 seldery stingels, in stukkies gesny      knippie peper
Franse slaaisous               slaaiblare om bak mee uit te voer

Meng al die bestanddele liggies.  Voer ?n slaaibak uit met die slaaiblare en skep die slaai mengsel daarin.  Verkoel die slaai voor opdiening.
Variasies:
?   Vervang die tamatie met ? pynappel wat in blokkies gesny is.
?   Vervang die seldery met ?n klein groen soetrissie wat in blokkies gesny is.

5.
KRAAKLEKKER TUNASLAAI:

500ml koue, gaar rys               200g gedreineerde, gevlokte tuna
250ml gerasperde, wortels            250ml gekapte seldery
25ml fyn gekapte ui               250ml mayonnaise
37.5ml blatjang               5ml kerriepoeier
10ml suurlemoensap               sout en peper na smaak

Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies.  Bedien dit koud, met broodrolletjies.

6.
BILTONGSLAAI:
Slaaisous:

60 ml balsem-asyn                125 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekneus            5 ml suiker of na smaak
5 ml Dijon-mosterd                1 stingel sprietui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Slaai:
250 g klam, baie dun gekerfde biltong       375ml gerasperde cheddarkaas
'n verskeidenheid blaarslaai om die slaai      3 agurkies, gekap
op te rangskik                2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
2 ryp avokado?s, in blokkies,besprinkel met
suurlemoensap 

Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n skroefdekselbottel en skud goed.  Hou in die yskas tot benodig.  Plaas die biltong en kaas in 'n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak.  Bedek en marineer ten minste 'n uur (of selfs tot 'n dag lank) in die yskas.  Rangskik die blaarslaai op 'n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op.  Besprinkel liggies met van die slaaisous.  Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in 'n klein bekertjie voor.  Sit dadelik voor.
7.
BROS AARTAPPELSKIL SLAAI:

8 aartappels se skille               15ml olie
200g gekapte spekvleis            blaarslaai
100ml gekapte haselneute            60g fetakaas, in blokkies gesny
2 rooi, ongeskilde appels, in blokkies

Skrop aartappels onder koue, lopende water.  Druk droog.  Skil aartappels in eweredige repe en braai in verhitte olie tot goudbruin en bros.  Braai spekvleis tot bruin en bros en dreineer.  Voer ?n slaaibak uit met slaaiblare.  Meng neute, kaas, appel, spekvleis en aartappelskille liggies.  Plaas in slaaibak en verkoel.
Lewer 4 porsies.

8.
LEMOEN-EN-UIESLAAI:

3 lemoene                  2 uie
2.5ml sout                  1ml swartpeper, vars gemaal
1ml selderysout               25ml olie
12.5ml asyn                  12.5ml gekapte pietersielie

Skil die lemoene af sodat al die membrane verwyder is.  Sny dit in skywe.  Skil die uie en sny dit in dun skywe.  Gooi kookwater op die ui, laat staan vir 1 minuut lank en dreineer.  Meng die ui en die lemoen.  Sprinkel sout, swartpeper en selderysout oor.  Meng die asyn en olie goed.  Gooi die slaaisous oor die slaai en meng liggies.  Strooi die pietersielie oor.

9.
MAKLIKE UIESLAAI:

500-750g skoongemaakte uitjies         100ml kondensmelk
5ml mosterdpoeier               100ml tamatiesous
100ml witasyn

Kook die uitjies in soutwater tot sag en dreineer.  Laat koud word.  Meng kondensmelk en mosterdpoeier.  Klop tamatiesous en asyn by en meng goed.  Plaas uitjies in ?n slaai bak en gooi die sous bo-oor. 
Lewer 4-6 porsies  

10.
BONE EN PEPPADEW SLAAI:

250 ml wit inmaakbone, gekook          250 ml koring, gekook
1 ui, in blokkies gesny             125 ml broccoli, in klein stukkies
? komkommer, in blokkies gesny          2 rooi soetrissies, in blokkies gesny
2 selderystingels, in ringe gesny          6-8 ingemaakte peppadews, in
125ml heuning en mosterd slaaisous                       repies gesny

Meng al die bestanddele vir die slaai.  Voeg die slaaisous by.  Hou verkoel.
(Slaaisous beskikbaar in meeste kettingwinkels)
11.
PASTASLAAI MET SONNEBLOMSAAD:

100 g sonneblomsaad             100 g ansjovis
50 ml melk                   250 g skulpnoedels
500 ml water                   2 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak       50 ml gekapte knoffel-stingeluie
50 ml gekapte pietersielie             4 tamaties, grof gekap
30 ml suurlemoensap             5 ml Engelse mosterdpoeier
1 kop botterslaai

Mikrogolf sonneblomsaad soos volg:  Plaas saad in ke?lvormige bakkie op hand doek papier en mikrogolf 4 minute op hoog.  Roer kort-kort.  Hou eenkant.  Week ansjovis in melk (om oortollige sout te verwyder).  Voeg water by pasta in mengbak en mikro golf 5 minute op hoog.  Roer deur.  Mikrogolf pasta 'n verdere 2 minute.  Laat afkoel.  Dreineer ansjovis en sny almal behalwe 5 filette in stukkies.  Meng pasta en al die oor blywende bestanddele behalwe slaai liggies saam in mengbak.  Was slaai blare in sout water, dreineer en rangskik op 'n slaaibord.  Skep noedelmengsel daarop en rangskik heel ansjovisfilette bo-op.  Sit goed verkoel voor.

12.
INDIESE RYSSLAAI:

500ml gaar rys               1 ui, geskil en fyngekap
25ml blatjang                  klein blik perskes, in blokkies
125ml kondensmelk               37.5 ml suurlemoensap
12,5ml kerriepoeier (matig)            250ml mayonnaise
sout                    

Dreineer die perskes.  Meng kerriepoeier en suurlemoensap.  Meng res van bestanddele, gooi kerriemengsel oor en roer goed deur.  Laat staan oornag in yskas en dien op.

13.
KRUISEMENT KOOLSLAAI:

750ml kool (in repies gesny)            1 rooi soetrissie (gekap)
3 groen salotte (gekap)            1 wortel (gekap)
SOUS:
5ml suiker                  2,5ml vars gemmer (gerasper)
62,5ml suurlemoensap            1 knoffelhuisie (gekneus)
12,5ml vars kruisement (gekap)

Berei die sous deur al die sousbestanddele in 'n bottel te gooi en  goed te skud. Meng al die slaaibestanddele in 'n groot bak en voeg slaaisous by net voor opdiening.


14.
MAKRIEL-EN-MACARONI-SLAAI:

150g macaroni               30ml laekalorie- Franse slaaisous
120g gerookte makrielfilette, vel verwyder      2 klein uie, fyngekap
6 kersietamaties, gehalveer            1 wortel, geskil en grofgerasper
45ml laevet- natuurlike jogurt         1bossie (mustard cress)
sout en varsgemaalde swartpeper

Kook macaroni in vinnig kokende water tot al dente (die pasta  moet nog effens ferm wees as jy dit byt, en nie sag en pap wees nie).  Gooi water af en meng gaar macaroni liggies met die Franse slaaisous.  Laat afkoel.  Vlok die makrielfilette en verwyder grate.  Sodra die macaroni koud is, voeg die makriel, uie, tamaties, wortel en jo?urt by.  Meng liggies.  Voeg die helfte van die mosterdkers by die slaai. Geur met sout en peper.. Plaas slaai in 'n mooi glasbak en garneer met oorblywende mosterdkers.
Sit voor as 'n slaai of ligte ete.

TUNA EN AVOKADO SLAAI:

500ml gaar rys               185g gedreineerde tuna
30ml ui, gekap               2 tamaties, in blokkies gesny
1 avokado, in skywe gesny, in          sout en vars swartpeper na smaak
en suurlemoensap gedoop

Meng die rys, tuna, ui en tamatie.  Voeg die avokado by en meng liggies.  Geur liggies met sout en vars gemaalde swartpeper.

16.
BRUINRYS EN HEELPITMIELIE SLAAI:

500ml gaar bruinrys               1 Engelse komkommer (in blokkies)
410g (1 blik) heel mieliepitte (gedreineer)      1 groen soetrissie,ontpit & gekap
1 bossie stingeluie (gekap)

GROENSLAAISOUS:
150ml gewone jogurt            1 huisie knoffel (fyn gemaak)
sout en peper na smaak            3ml aangemaakte mosterd
25ml gerasperde ui               50ml gekapte pietersielie
25ml vars suurlemoensap            25 ml agurkies (fyngekap)

Meng bestanddele vir slaai en plaas in opdienbord.  Plaas bestanddele vir slaaisous in ?n voedsel verwerker en verwerk tot glad.  Giet slaaisous oor slaai net voor bediening.  Meng goed om egalig te bedek, en bedien.

17.
GESTOLDE BEETSLAAI:

3 bete                     80g braamjelliepoeier
25ml asyn                  sout en peper na smaak
slaaiblare en mayonnaise vir garnering

Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit sag is.  Dreineer dit, maar behou 375ml van die water waarin  die beet gekook is. Los die jelliepoeier in die warm beetwater op en hou dit eenkant.  Voeg die asyn, sout en peper by en verkoel dit totdat dit begin stol.  Vryf intussen die beetskille af en rasper die beet.  Roer die beet by die jellie wanneer dit begin stol en gooi die mengsel in 'n nat vorm.  Verkoel dit totdat dit gestol het.  Ontvorm dit op slaaiblare en garneer dit mayonnaise.

18.
NOEDELSLAAI:

1 pak (500g) skroef of skulpnoedels      1 soetrissie
1 ui                     250 ml tamatiesous
125 ml asyn                  125 ml sonneblomolie
200ml witsuiker               25ml matige kerriepoeier
paar druppels Tabascosous

Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar.  Laat dit goed dreineer.  Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn.  Skil en kap die ui fyn.  Meng die noedels, ui en soetrissie in'n slaaibak.Meng die tamatiesous, asyn, sonneblomolie, witsuiker, kerriepoeier, Tabascosous en peper.  Giet dit oor die noedelmengsel en meng dit liggies.  Verkoel voor opdiening.
Lewer 8 porsies.
GOUE WENK:
HIERDIE GEREG IS HEERLIK AS DIT OORNAG IN DIE YSKAS VERKOEL IS.

19.
BROCCOLI SLAAI

1kg broccoli, in blommetjies gebreek      1 ui, in ringe gesny
1 rooi soetrissie, gekap
SLAAISOUS:
250ml suiker                  250ml asyn
250ml slaaiolie

Blansjeer die broccoli 2 minute lank in kokende soutwater.  Gooi die water af.
Plaas die broccoli in ?n bak en rangskik die ui en soetrissie bo-op.
Klits die suiker, asyn, en olie saam totdat dit wit en skuimerig is.
Gooi die slaaisous oor die warm broccoli, bedek en laat dit minstens 5 uur lank marineer.



Gerhard Jansen:
20.
ITALIAANSE PASTASLAAI:

300 g macaroni                15 ml olyfolie
6 snye pastrami, in dun repe gesny          50 g grondboontjies, gerooster
125 ml gevulde olywe             60 ml gekoopte pesto-sous
125 ml mayonnaise                varsgemaalde swartpeper

Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente.  Dreineer en spoel af onder koue lopende water.  Meng die pasta liggies met die olie.  Plaas die pastrami, grondboontjies, olywe en pasta in 'n slaaibak en meng liggies deur.  Meng die pesto en  mayonnaise saam, giet oor die pasta slaai, geur met varsgemaalde swartpeper.  Bedek met kleefplastiek, plaas vir 'n paar uur in die yskas.

21.
GROENSLAAI:

1 klein slaaikoppie (fyngesny)         1 komkommer (geskil, in blokkies
1 groenrissie (in repies gesny)         1 klein avokado (fyn gedruk)
75ml ongegeurde jogurt            2ml Knorr Aromat
1ml sout                  ?n paar druppels tabascosous

Plaas blaarslaai, komkommer en groenrissie in ?n mengbak.  Meng die fyn avokado, jogurt, Aromat, sout en tabascosous goed en gooi oor die blaarslaai mengsel.  Meng liggies met 2 vurke en bedien.

22.
CHINESE KOMKOMMERSLAAI:

? komkommer, geskil en in dun skywe gesny    5 ml witasyn
30 ml water                   5 ml suiker
2 sprietuie, fyngekap             1 klein wortel, geskil en gerasper

1.  Rangskik die komkommerskywe in 'n mooi plat opdienbak.
2.  Meng die asyn, water, suiker, sprietuie en wortels en giet oor die slaai.
3.   Sit die slaai voor saam met die warm speseryagtige visballetjies.

23.
BOTTERSKORSIE SLAAI:

2 botterskorsies               ? groen soetrissie
1 pynappel                  ?n paar slaaiblare

Skil en rasper die botterskorsies.  Maak die pynappel skoon en sny ongeveer  ? in blokkies .  Rasper die orige.  Sny die soetrissie in blokkies.  Meng die gerasperde botterskorsie en pynappel in ?n mengbak.  Plaas die slaaiblare onder in ?n plat slaaibak en skep die botterskorsie mengsel daarin.  Meng die pynappel en soetrissieblokkies en rangskik bo-op die slaai.  Verkoel.


24.
PASTA EN VISSLAAI:

200g gaar, koue skulpnoedels         500ml gaar vis, gevlok
1 komkommer, ongeskil en gekap         125ml suurroom
sout en peper na smaak            pietersielie vir garnering
4 suurlemoenskyfies vir garnering

Meng die noedels, vis, komkommer en suurroom en geur dit met sout en peper.
Skep dit in slaaibak en garneer met pietersielie en gedraaide suurlemoenskyfies.

25.
PATAT EN PYNAPPELSLAAI:

(Dit lewer 6 porsies)
sowat 1 kg klein patats              ?x 440 g blik pynappelstukke,
? groen soetrissie, ontpit en gekap                        gedreineer, maar behou die sap
125ml okkerneute, grofgekap          behou 60ml van die pynappelsap

Slaaisous:
5 ml gerasperde suurlemoenskil          60 ml gedreineerde pynappelsap
30 ml olie                   varsgemaalde swartpeper

Was en skrop die patats, maar moenie skil nie.  Sny die patats in 2 cm dik skywe en kook dit in soutwater tot sag, maar effens ferm, sowat 10-15 minute.  Dreineer en sny die patats in eetbare porsies.  Plaas die gaar patats, pynappelstukke, okkerneute en groen soetrissie in 'n glas slaaibak en meng liggies.  Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam en giet oor die slaai. Sit die slaai warm of koud voor.

26.
AVOKADO EN MAASKAAS SLAAI:

2 avokado?s                  150ml korrelrige maaskaas
2 pynappelringe, in die helfte gesny         slaaiblare
2 hardgekookte eiers

1.   Halveer en ontpit die avokado?s
2.   Skep gelyke hoeveelhede maaskaas in die avokado helftes.
3.   Plaas ?n halwe pynappelring bo-op elkeen.
4.   Plaas die avokado helftes bo-op slaaiblare en garneer met eierskywe.

27.
PIESANG-EN- BOONTJIESLAAI:

2 x 410g blikkie boontjies-in-tamatiesous       15ml suurlemoensap
6 piesangs, in skyfies gesny            100ml pynappelstukkies
75ml mayonnaise               bros blaarslaai.

Sprinkel suurlemoensap oor piesangskyfies om te voorkom dat dit verkleur.  Voeg boontjies en pynappelstukkies by piesangs en meng liggies.  Voeg mayonnaise by en meng deur.  Verkoel slaai en sit voor op bros slaaiblare.

28.
QUICK ?QUICK  ( GOU ?GOU ) SLAAI:

300 g geel of groen vlapampoentjies      30 ml vars gekapte pietersielie
60 ml heuningmosterd-slaaisous          200 g kersie tamaties
gerasperde skil van 1 suurlemoen         gegeurde seesout
vars gemaalde swartpeper             vars kruie om te garneer 

HEUNING SLAAISOUS
100ml heuning               60ml suurlemoensap
50ml lemoensap               1 lemoen se skil (fyn gerasper)
45ml sonneblomolie               20ml wit wynasyn
5ml mosterdpoeier               knippie sout
knippie vars gemaalde swartpeper

? Gooi al die bestanddele in 'n glasflessie van minstens 275 ml.
? Verse?l die flessie en skud deeglik.
? B?re in 'n yskas.

Sny die vlapampoentjies in agstes.  Meng die pietersielie met die slaaisous.  Gooi die slaaisous oor die vlapampoentjies en laat staan sowat 35 minute.  Sny die tamaties middeldeur en rangskik op 4 mediumgroot borde.  Strooi gerasperde suurlemoen skil oor die tamaties en sprinkel sout en swartpeper oor.  Stapel vlapampoentjiestukkies in die middel van elke bord, garneer met vars kruie en sit voor.

29.
EIERSLAAI:

1 slaaikop, fyn gekerf            8 eiers, hardgekook
sout en vars gemaalde swartpeper         250ml natuurlike jogurt
50ml mayonnaise               45ml blatjang
5ml suurlemoensap               1 klein ui, in ringe gesny
fyn gekapte pietersielie

Rangskik die slaaiblare op ?n mooi opdienbord.  Sny die eiers in kwarte en rangskik bo-op.  Geur goed met sout en peper.  Meng die res van die bestanddele behalwe die pietersielie en ui en giet oor die eiers en slaaiblare.  Rangskik uieringe bo-op en strooi pietersielie oor.
Lewer 6 porsies.

30.
VARS AARTAPPELSLAAI:

6 klein gekookte aartappeltjies         250g geskilde kersietamaties
blaarslaai                  100g sampioene, in skywe gesny
1 bossie bronkors

SLAAISOUS:  
100ml slaaiolie               sout en swartpeper
50ml asyn                  2ml knoffelvlokkies
10ml vars gekapte pietersielie        

Meng die bestanddele vir die slaai.
Plaas bestanddele vir slaaisous in ?n fles en skud goed.
Giet sous oor slaai net voor opdiening.

31.
SAMPIOEN-EN-SOETRISSIESLAAI:

500g knopiesampioene, in skyfies gesny      sap van een suurlemoen
sout en varsgemaalde peper            1 ui, in dun skyfies gesny
6 stingeluie, in die lengte in skyfies gesny      1 bossie botterslaai
25ml olie                  2 knoffelhuisies
3 snye brood in blokkies gesny         1 avokado
suurlemoensap               1 groenrissie, in skyfies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in skyfies gesny      1 komkommer, uitgehol en in
3 repes spekvleis, bros gebraai, gedreineer             halfmane gesny

Slaaisous:
125ml olyfolie                  125ml asyn
knippie suiker                  5ml gedroogde orego
sout en swartpeper               50ml groen peperkorrels
10ml verkrummelde Fetakaas         vars gekapte pietersielie.

Besprinkel sampioene met suurlemoensap en geur.  Plaas uie en stingeluie in yswater om bros te word.  Was botterslaai en plaas ook in yswater.  Verhit olie en braai knoffel en broodblokkies daarin.  Halveer avokado en sny in dun skyfies.  Besprinkel met suurlemoensap.  Verwyder uie en slaai uit water en rangskik saam met res van  bestanddele in slaaibak.  Strooi spek en brood blokkies bo-oor.
Slaaisous:
Klits al die bestanddele, behalwe pietersielie tot romerig.  Giet slaaisous net voor dit voorgesit word oor en besprinkel met pietersielie.

32.
KERRIE RYSSLAAI:

500ml gaar rys               2 uie, gekap
2 groenrissies, gekap               4 tamaties, gekap
500g perskes, gedreineer en gekap         125ml mayonnaise
25ml blatjang                  2.5ml sout
1 ml swartpeper               5ml kerriepoeier

Kombineer mayonnaise, blatjang, sout, peper en kerriepoeier.  Gooi oor ander bestanddele en meng goed.  Dit is geuriger as dit die dag voor gebruik berei word.

33.
SUIKERMIELIESLAAI:

410g (1 blik) geroomde suikermielies      1/2 pynappel, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny            1 ui, gekap
25ml mayonnaise

Meng alles goed saam.

34.
BOONTJIESLAAI:

2 uie (fyn gekap)               10ml margarien
10ml kookolie                  425g boontjies in tamatiesous
2 eiers geklits                  25ml asyn
knypie sout                  10ml suiker

Braai die uie in die margarien en kookolie tot goudbruin.  Roer die bone by.  Meng die res van die bestanddele saam en roer by die boontjiemengsel.  Verhit en kook 2-3 minute.  Roer gereeld.  Laat afkoel.

35.
ERTJIE EN KAASSLAAI:

500g bevrore jong ertjies            ? koppie gekapte groen salotuie
? koppie Cheddarkaas in blokkies         ? koppie suurroom
? koppie mayonnaise            30ml gekapte pietersielie
sout en peper na smaak

Kook ertjies in vinnig kokende soutwater tot net sag.  Dreineer en laat afkoel.  Meng res van die bestanddele liggies saam en geur na smaak met sout en peper.

36.
KORING-EN-PERSKESLAAI:

250ml stampkoring, goed gewas         1 groen soetrissie, ontpit en gekap
825g perskeskywe, gedreineer en fyn gesny   1 ui, gekap.

Sous:
50ml suiker                  50ml asyn
50ml blatjang                  4ml matige kerriepoeier
100ml sonneblomolie               10ml sojasous.

Gooi stampkoring by kookwater waarby sout gevoeg is.  Laat stadig kook sowat 45minute of tot sag.  Gooi water af en laat afkoel.  Voeg soetrissie, perskeskywe en uie by koring.  Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam en voeg by koring.  Bedek en plaas in die yskas. Die slaai bly sowat 3 tot 4 dae vars in die yskas en is lekker saam met braaivleis.

37.
TAMATIE EN KOMKOMMERSLAAI:

1 komkommer               450g kersie-tamaties
1 ui, fyn gekap               50g vars koljanderblare(opsioneel)
sap van halwe suurlemoen            sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Sny die komkommer in skywe van 1cm en sny elke skyf in kwarte.  Halveer die kersie-tamaties en meng met die komkommer asook met die ui en koljanderblare.  Geur met die suurlemoensap en sout en peper.  Skep in ?n mooi slaaibak.

38.
GROENTESLAAI:

500 g bevrore groentemengsel, bestaande uit groenbone, murgpampoentjies en broccoli, OF bevrore gemengde groente met wortels, broccoli, groenbone, ertjies en
200 g vars blomkool, in blommetjies gebreek

Sous:
200 ml bruinsuiker                200 ml druiweasyn
175 ml olie                   10 ml mosterdpoeier
sout en swartpeper                ?kop blaarslaai, in blare gebreek
? Engelse komkommer, in skyfies gesny       1 ui, fyn gekap
uieringe en soetrissierepies (opsioneel)

Kook die bevrore groentemengsel in 'n klein bietjie kokende soutwater tot sag, maar nog bros en ferm.  Dreineer baie goed en plaas in 'n plastiekbak met 'n deksel wat dig sluit.  Meng die bruin suiker, druiwe asyn, olie en mosterdpoeier goed  saam en geur goed met sout en peper.  Giet oor die warm groentemengsel, bedek en laat staan tot heeltemal afgekoel, liefs 4 uur lank.  Keer die bak een keer tydens die staantyd om sodat die boonste groente ook in die sous kan l?.  Voer 'n mooi glasbak net voor opdiening met slaaiblare uit.  Meng die komkommerskyfies en fyn gekapte ui by die groentemengsel in en skep op die blaarslaai.  Genoeg vir 6 mense.
39.
CALAMARI EN MOSSELSLAAI:

300g calamari, in ringe gesny         30ml botter
1 blik mossels in skulpe            1 suurlemoen (skil gerasper,+sap)
4 grasuie, gekap               15ml sojasous
30ml dro? witwyn               20ml sesamsaad (gerooster)
60ml olyfolie                  1ml suiker
15ml gekapte pietersielie

Soteer calamari vinnig in verhitte botter vir ongeveer 2 minute lank. Wees versigtig om nie te lank te braai nie anders word dit taai.  Plaas mossels in kokende water totdat die skulpe oopgaan.  Dreineer.  Giet suurlemoensap en skil bo-oor calamari en mossels in mengbak en meng om te bedek.  Laat afkoel.  Meng oorblywende bestanddele en giet bo-oor calamari en mossels en marineer ten minste vir 2 ure lank.  Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.

40.
VRUGTIGE MACARONI-SLAAI:

Heerlik by 'n vleisbraai. (Dit lewer 8 porsies)

250 g macaroni                15 ml olie
1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny          3 piesangs, in skywe gesny
1 x 410 g-blik perskeskywe, gedreineer       401 g-blik jong ertjies, gedreineer
kruisementblare vir garnering

Slaaisous:
125 ml bier                   125 ml goeie gehalte mayonnaise

Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente.   Dreineer en spoel af onder koue lopende water.  Meng pasta liggies met die olie.  Berei intussen die slaaisous deur die bier en mayonnaise goed te skud in 'n glasfles met 'n skroef deksel.  Meng die macaroni, pynappel, piesangs, perskes, ertjies en slaaisous saam.  Skep in 'n mooi vlak slaaibak, garneer met kruisementblare.

Wenke:
Die slaai kan 'n uur of wat vooraf gemaak word, bedek met kleefplastiek en b?re in die yskas.
Besprinkel die piesangskywe met 'n bietjie suurlemoensap.

Variasies:
Vervang die ingemaakte perskes deur ingemaakte lietsjies.
Vervang die bier deur pynappelsap ?f natuurlike jogurt.
Gebruik 1 x 410 g-blik pynappelstukke, gedreineer, in plaas van vars  pynappel.

41.
KOMKOMMER SPANSPEKSLAAI:

1 spanspek                  450g tamaties
1 groot komkommer               1 eetlepel gekapte pietersielie
1 hoogvol teelepel gekapte grasuie of kruisement
FRANSE SLAAISOUS:
2 eetlepels wynasyn               sout en peper
strooisuiker                  6 eetlepels, slaaiolie

Sny die spanspek middeldeur, verwyder die saad en skep die vleis uit met ?n groentesnyer of sny dit in blokkies.  Skil en sny die tamaties in kwarte, druk die pitte uit en verwyder die binneste gedeelte.  As die tamaties groot is, kan die kwarte weer deurgesny word.  Skil die komkommer en sny op in blokkies soos die spanspekblokkies.  Sprinkel liggies met sout, bedek met ?n bord en laat 30 minute staan.  Dreineer, spoel die blokkies af met koue water.

BEREI DIE SOUS:
Meng asyn, sout, peper en suiker.  Klits olie by die asynmengsel.  Meng vrugte en groente in ?n mengbak, gooi slaaisous oor, bedek bak en verkoel vir 2-3 uur.

42.
BLOMKOOLSLAAI:

1 blomkool (in blommetjies gebreek)      250ml Cheddarkaas (in blokkies)
24 gevulde olywe (in skyfies gesny)         1 bossie grasuie (fyn gekap)
6 groot radyse (in skyfies gesny)

SLAAISOUS:
100 ml suurroom               100ml mayonnaise
17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)

Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ?n bak.  Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.  Verkoel die slaai totdat dit bedien word.
43.
RATATOUILLE SLAAI:

1 groot ui, gekap                2-3 knoffelhuisies, gekap
100 ml olyfolie                2 middelslag eiervrugte, in ringe gesny
2 soetrissies                   500 g jong murgpampoentjies, in skywe gesny
1 x 410-g-blik tamaties, grof gekap       50 ml gekapte pietersielie
5 ml dro? roosmaryn               5 ml dro? tiemie
5 ml sout                   vars gemaalde swartpeper na smaak

Soteer die ui en knoffel in 15 ml olyfolie tot dit deurskynend is.  Borsel die eiervrugte met olyfolie. Plaas op die rakkie van 'n oondroosterpan en rooster tot bruin.  Draai die skywe om, borsel nog kook- of olyfolie oor, en rooster tot bruin aan die ander kant.  Halveer die soetrisies.  Plaas saam met die eiervrugte op die rakkie van die roosterpan en rooster tot blasies vorm en die  soetrissies byna swart is.  Verwyder die pitte en trek die vel af.  Sny die soetrisies in skywe. Voeg die res van die bestanddele behalwe die olyfolie by die rissies en prut 15 minute lank of tot die groente gaar is. Laat afkoel.  Sprinkel olyfolie oor en meng alles liggies saam.

44.
WARM BOONTJIESLAAI:

30 ml olyfolie                   1 middelslag ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, gekneus             1 rooi soetrissie,in kort repe gesny
75 g groenbone, ente verwyder en         15 ml balsam-asyn
in 2 cm-stukke gesny             50 g knopiesampioene, in skywe
410 g-blik gemengde boontjies, afgespoel
en goed gedreineer.

Verhit 15 ml van die olyfolie in 'n swaarboompan.  Soteer die ui vir 2 minute oor medium hitte. Voeg die knoffel, soetrissie, groenbone, sampioene en asyn by, laat 5 minute kook, roer af en toe.
Meng die boontjies tesame met die oorblywende 15 ml olyfolie by die groente, verhit tot goed deurwarm.   Sit warm voor met geroosterde dik skywe Italiaanse brood.

45.
PASTASLAAI MET BIERSOUS:

4 x 250ml gaar elmboogpasta         410g pynappelstukke, gedreineer
3- 4 piesangs, met suurlemoensap besprinkel   565g lietsjies, gedreineer,ontpit
225g blik groen ertjies, gedreineer.

Biersous
125ml mayonnaise               125ml bier.

Meng pasta, pynappel, piesangskyfies, lietsjies en ertjies in 'n groot slaaibak.  Meng die slaaisous en giet oor die slaaibestanddele.  Meng liggies. Verkoel vir 'n paar uur.


46.
WARM KAAS EN AARTAPPEL SLAAI:

4 groot aartappels               120g Zoetvlei kaas, in blokkies gesny
2 repe spekvleis, gebraai & gekap         125ml Franse slaaisous
gekapte grasuie

Kook aartappels in kookwater tot sag.  Trek skil af en sny in blokkies.  Plaas in opdien-bak.  Voeg kaasblokkies by en meng.  Sprinkel spekvleis oor.  Verhit slaaisous maar moenie kook nie.  Giet oor slaai, sprinkel grasuie oor en dien dadelik op.

47.
FRIKKADELSLAAI:

Frikkadelle:
500 g maer maalvleis               1 sny brood, geweek in 100 ml melk
1 klein ui, fyn gekap               5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak      1 ml fyn naeltjies
30 ml wynasyn               50 ml gekapte pietersielie.

Krummel brood.  Voeg res van bestanddele by.  Meng liggies met 'n vurk.  Vorm klein frikkadelle. Plaas op 'n bakplaat.  Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.

Slaai:
1 krop botterslaai               ? Engelse komkommer, in skywe gesny
425 g-blikkie klein mielies, gedreineer       150 g swart druiwe
10 kersietamaties               30 ml gekapte pietersielie.

Pak blaarslaai op 'n groot plat bord.  Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai.  Sprinkel met pietersielie.

48.
WARM KORINGSLAAI:

125g spekvleis               2 uie (grof gekap)
250g knopiesampioene(in skyfies gesny)      sout en peper
25ml olie                  750ml gaar stampkoring
125ml hoenderaftreksel            50ml rosyne (opsioneel)

Braai spekvleis in 'n groot pan tot bros.  Verwyder uit die pan en kap fyn. Voeg die olie by die vet in die pan en soteer die ui tot goudbruin.  Voeg nou die spekvleis stampkoring, hoenderaftreksel en rosyne by. Geur na smaak met sout en peper.  Prut tot goed warm en die meeste van die hoenderaftreksel geabsorbeer is.  Dien warm op.
Bedien 6 mense.
49.
GESONDHEIDSSLAAI:

SLAAISOUS:
125olyfolie                  30ml sojasous
45ml suurlemoensap               30ml heuning
vars gemaalde peper na smaak        

SLAAI:
250ml rou stampkoring, afgespoel, geweek   250ml rou lensies
in koue water vir 2 ure            60ml sultanas
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny         2 seldery stingels, in skyfies gesny
?n bossie sprietuie, gesny            250ml pekanneute, gekap
375ml vars spinasie, fyngekap

BEREI DIE SLAAISOUS:
Meng al die bestanddele vir sous saam en plaas eenkant.  Proe en pas aan indien nodig.

BEREI DIE SLAAI:
Dreineer stampkoring en plaas in ?n kastrol.  Bedek met  750ml koue water en voeg sout by.  Bring tot kookpunt en laat vir 35 minute prut of tot sag.  Dreineer. Kook lensies in ?n aparte kastrol  in soutwater vir 40 minute of tot sag.  Dreineer.  Meng stampmielies en lensies in ?n groot mengbak en meng met slaaisous.  Voeg oorblywende slaaibestanddele by en meng met twee vurke.  Laat heeltemal afkoel.  Plaas in yskas tot benodig.  Bedien teen kamertemperatuur.

50.
AVOKADO SLAAI:

1 groot avokado, fyngedruk            1 pakkie suurlemoenjellie
375ml kookwater               1 klein gerasperde ui
25ml mayonnaise

Maak suurlemoenjellie aan met die kookwater.  Voeg avokado, ui en mayonnaise by.  Meng goed en laat stol.

51.
BLAAUWKRANZ-AARTAPPELSLAAI:

6 medium aartappels, gaar, in skywe gesny    3 gekookte eiers, 2 in skywe en 1 gekap
4 grasuie, gekap                sout en suurlemoenpeper
170ml bloukaas, fyn gekrummel          50 ml mayonnaise
175 ml natuurlike jogurt             15 ml vars, gekapte pietersielie
1 grasui, grof gekap vir garnering

Rangskik die aartappels, eierskywe en gekapte grasuie in lae in 'n slaaibak. Geur elke aartappel en eierlaag met 'n bietjie sout en peper.  Meng die kaas, jogurt, mayonnaise en pietersielie saam en giet oor die slaai.  Garneer met gekapte, hard gekookte eier en grasuie.
52.
EIERVRUGSLAAI:

4 eiervrugte, geskil               sout
100ml olie                  250ml witwyn
100ml asyn                  2 knoffelhuisies
2 uie, in skywe gesny               4 tamaties, in skywe gesny
1ml vinkel, fyn gekap               sout en peper na smaak
2 eiers, hard gekook               gevulde of swart olywe

Sny die eiervrugte in skywe, bestrooi met sout en laat dit 30 minute lank staan.  Spoel dit af en  druk dit goed droog met kombuispapier.  Verhit die olie en braai die eiervrug liggies daarin.  Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die eiers en olywe.  Laat prut dit 30 minute lank.  Laat dit afkoel en geur na smaak.  Verkoel die slaai.  Bedien die slaai baie koud, gegarneer met eierwiggies en olywe.

53.
HAWAISE HAMSLAAI:

250g rys                  12.5ml asyn
37.5ml kookolie               halwe komkommer, gekap
125g fyn pynapppel               50ml ertjies, soetrissies of groenbone
sout en peper                  250g maer ham of weense worsies

Kook rys soos gewoonlik.  Gooi die olie, asyn, en geurmiddels in bak, voeg rys by en laat staan om heeltemal koud te word.  Kap die vleis en voeg die pynappel en enige van die genoemde groente by.  Indien verkies kan dit liggies in ?n vorm gedruk word en uitgekeer word.

54.
KOOL EN DADEL SLAAI:

? kool, gewas en in dun repe gesny      200g Tussers kaas, in blokkies gesny
? pakkie dadels, gekap            ? koppie grondbone
gekapte pietersielie

SOUS:
125ml mayonnaise               50ml kondensmelk
25ml asyn                  25ml olie

Meng kool, kaas dadels en grondbone saam.
Meng die sousbestanddele saam.
Giet oor slaai en meng goed.  Besprinkel met pietersielie.
Sit in yskas tot bediening.




56.
SEEKOSSLAAI:

250g visfilet(kabeljou, tongvis ens)         5ml kruie
15ml olie                  3 sprietuitjies (gekap)
300g vars spinasie               4 selderystingels (in repies)
150g garnale (gaar gekook of geroerbraai)      50g geroosterde sonneblomsaad
SOUS:
45ml mayonnaise               15ml jogurt
15ml fyn dille                  10ml suurlemoensap
sout en peper

Vryf visfilette met kruie en braai in warm olie tot goudbruin.  Laat afkoel.  Meng spinasie, sprietuitjies, seldery en garnale in slaaibak.  Voeg visfilette by slaai.  Strooi sonneblom saad oor die slaai.
BEREI DIE SOUS:
Meng mayonnaise,  jogurt, dille, suurlemoensap, sout en peper en giet oor die slaai. 

57.
KRAAKVARS KOOL EN APPELSLAAI:
NB. Resep slegs vir 2-3 porsies

? koolkop, geweas en gesnipper      2 Granny-Smith appels, grof gerasper
1 klein groen of rooi soetrissie, fyn gekap  

SLAAISOUS:
100ml olie               75ml koue water
75ml suurlemoensap            45ml sagte bruinsuiker
5ml sout na smaak            8ml karwysaad

Meng die kool, appels en soetrissie met ?n slaailepel en ?vurk in ?n slaaibak.  Klits die olie, water, suurlemoensap, bruinsuiker en sout met ?n draadklitser in ?n glasbakkie.  Giet die slaaisous oor die slaai en meng alles goed saam.  Strooi die karwysaad bo-oor en meng dit.

58.
AVOKADO SLAAI MET SPEK EN NEUTE:

1 pak gemengde slaaiblare             6 groen sprietuie, in ringe gesny
8 repe swoerdlose streepspek          4 snye witbrood sonder korsies
1 groot, ryp avokado                125 ml pekanneute, grof gekap
125 ml Franse slaaisous

Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie.  Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in 'n bietjie olie tot bros.  Haal uit en dreineer op kombuis papier.  Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin.  Voeg 'n bietjie ekstra olie by indien nodig.  Haal uit en dreineer.  Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare.  Bedek met slaaisous.  Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.

59.
HEERLIKE SLAAI:

1 klein slaaikop goed afgewas            4-6 ekstra groot eiers
100ml dun room            30-50ml suiker
15 ml wit druiwe asyn            sout
peper

Sny die slaaikop in dun repe.  Rangskik onder in ?n diep slaaibak. Kook die eiers hard, dop af en kap dit fyn op.  Sprinkel oor die slaaiblare.  Meng die room, suiker en asyn.  Geur na smaak met sout en peper.  Giet die slaaisous net voor opdiening oor ander word die blare pap.
Lewer 4 porsies.

60.
RYS EN SPINASIE SLAAI:

200 g rou rys (250 ml)             6 repe spekvleis, gekap
1 klein bossie jong spinasie, gewas, die wit    2 selderystingels, gekerf
stingels verwyder en fyngekerf          3 eiers, hardgekook, gekap
6 knopiesampioene, in skywe gesny
Slaaisous:
125 ml mayonnaise                30 ml asyn
5 ml peperwortel (horse-radish)          3 ml Tabasco-sous
5 ml sout                   varsgemaalde swartpeper

1.  Berei die rys voor volgens die aanwysings op die verpakking en laat afkoel.
2.  Braai die spekvleis tot bros, dreineer op papierhanddoek en laat afkoel.
3.  Meng die rys, spekvleis, spinasie, seldery, sampioene en eiers liggies saam.
4.  Giet die slaaisous oor en meng goed met twee vurke.
6.  Laat die slaai vir minstens 1 uur staan voor opdiening. 

61.
KRAKERIGE KAASSLAAI:

? blaarslaaikop grof gebreek         ? brood se krouto?s
6 agurkies in ringetjies gesny         Cheddar kaas oo  in blokkies gesny Klein blikkie pynappelstukkies (gedreineer)

Meng alle bestanddele en gooi in 'n mooi glasslaaibak.

SOUS:
397g kondensmelk               2 eetlepelsl asyn
1 eetlepel kookolie               sout en swartpeper na smaak

Meng alles saam net voor bediening en gooi oor slaai.

62.
ASPERSIE- EN SAMPIOENSLAAI:

155 g aspersies                1 eetlepel volgraanmosterd
60 ml lemoensap                2 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepel lemoenskil               2 teelepels suurlemoenskil
2 teelepels lemmetjieskil             2 huisies knoffel, gekneus
60 ml heuning                400 g knopiesampioene, gehalveer
150 g rocket-blare                1 rooi soetrissie, in repies gesny

Sny die punte van die aspersies af en sny diagonaal deur.  Plaas in 'n pot kookwater en kook vir 'n minuut of tot net sag.  Dreineer, dompel in koel water en sit eenkant. Plaas mosterd, sappe en skil, knoffel en heuning in 'n groot pan en geur met peper. Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte.  Voeg sampioene by en roer vir twee minute.  Verwyder die sampioene uit die sous.  Bring die sous weer tot kookpunt en verminder dan die hitte.  Laat vir sowat vyf minute prut of totdat die sous stroperig word.  Meng die sampioene, rocket-blare, soetrissie en aspersies.. Bedruip met sous en bedien.

63.
SPINASIE SLAAI:

10 spinasieblare, afgespoel            2 jonguitjies, afgespoel
? rooi soetrissie               60g fetakaas
1 knoffelhuisie, fyn gekap            50ml olyfolie
25ml witwyn asyn

1.   Sny wit dele van spinasie en soetrissie weg en breek of sny in kleiner dele.
2.   Sny jonguitjies in skyfies en sny rooi soetrissie in repe.
3.   Breek fetakaas in growwe stukke.
4.   Meng knoffel, olyfolie en asyn.  Skud goed.
5.   Sit al die slaaibestanddele in ?n slaaibak en meng slaaisous deur.

64.
ANDERSE WORTELSLAAI:

450g geelwortels (geskil en grof gerasper)      1 groot lemoen (geskil &in skyfies)
75g radyse (gewas en in skyfies gesny)      60ml gekapte pietersielie
SLAAISOUS:
90ml olie                  30ml suurlemoensap
60ml lemoensap               5ml heuning
2,5ml sout

Meng alle sous bestanddele goed saam.  Meng alle slaai bestanddele liggies saam, en giet slaaisous bo-oor.  Verkoel in yskas voor opdiening.

65.
HOENDER-, LIETSJIE- EN DILLESLAAI:

mengsel van vars kropslaaiblare          500 g gaar hoender
4 murgpampoentjies   in repies gesny       1 geel soetrissie, in repies gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny          125 g kersietamaties
? Engelse komkommer, in skyfies gesny       1 middelslagui, in skywe gesny
250 g geskilde en ontpitte lietsjies          50 ml geroosterde sonneblomsaad

Slaaisous:
250 ml Bulgaarse jogurt             125 ml laevet-mayonnaise
25 ml dro? dille                varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas die slaaiblare op 'n plat opdiensbord.  Rangskik al die bestanddele buiten die sonneblomsaad.  Meng die sousbestanddele en skep bo-oor die slaai.  Garneer met sonneblomsaad.

Wenke:
Berei die slaaisous twee dae voor gebruik en b?re in die yskas sodat die geure kan ontwikkel. Vervang die lietsjies met enige ander vrugte, soos perskes, pere, appels of piesangs.

66.
AARTAPPELS IN FRANSE SLAAISOUS:

500g middelslag aartappels, geskil.

Franse slaaisous
90ml olyf- of sonneblomolie            45ml wit asyn
2,5ml aangemaakte mosterd         25ml heuning
2,5ml gemengde kruie            1 knoffelhuisie, gekneus
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak.

Kook die aartappels in soutwater tot gaar.  Laat effens afkoel en sny in skywe.  Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam.  Gooi slaaisous oor warm aartappels en laat dan heeltemal afkoel.
Variasie : Voeg 'n appel (in blokkies gesny), pitlose rosyne of bros gebraaide spek by.
67.
BOEREWORS AARTAPPELSLAAI:

SLAAISOUS:
30ml wit wynasyn               125ml olyfolie
3ml swartpeper               1 knoffelhuisie fyngedruk
15ml Dijon mosterd               5ml suiker

SLAAI:
1kg baba-aartappels, met skil, gehalveer      15ml olyfolie
1 ui, dun gesny               1 rooi soetrissie, in repe gesny
500g gaar boerewors, in skyfies gesny      1 groot steel seldery, gekap
10 ml vars tiemie, gekap            50ml vars kerwel (chervil) gekap

Klits alles vir slaaisous saam tot goed gemeng.  Kook baba aartappels tot net sag en dreineer.  Verhit intussien olie en braai uie en soetrissie tot sag.  Voeg worsstukkies en tiemie by en meng deur.  Meng liggies met gaar aartappels.  Giet slaaisous oor terwyl steeds warm.  Meng daarna die kerwel deur.  Bedien terwyl nog louwarm.

68.
WARM SLAAI:

1 ui, in ringe gesny               1 groen soetrissie, in repe gesny
1 rooi soetrissie, in repe gesny         2 groot wortels, in julliene-repe gesny
olie om in te braai               420g (1blik) bone in tamatiesous
5ml kerriepoeier     

Soteer die ui, soetrissies en wortel in ?n bietjie olie tot sag.  Voeg die kerriepoeier en bone by, meng goed en verhit tot die mengsel begin prut en lekker warm is.
Lewer 4 porsies.

69. 
LULU SE RYSSLAAI:

500ml rou rys                  2 groen soetrissies, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk            2 uie, in ringe gesny
olie                     50ml matige kerriepoeier
500ml mayonnaise               60ml blatjang
820g perskeskywe, gedreineer

Kook die rys in soutwater tot sag.  Dreineer goed en laat afkoel.  Soteer die soetrissie, knoffel en uie in die olie tot sag.  Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog sowat 1 minuut lank.  Voeg die mayonnaise en blatjang by en meng goed.  Meng die kerriemengsel, perskeskywe en rys saam en skep in ?n groot slaaibak.  Verkoel tot voor opdiening. ( ?n Baie groot slaai)

70.
SPRINGBOK FILET SLAAI:

100g Springbok fillet             1 teelepel neutmaskaat
koriander                  swartpeper en sout
anys                      kaneel
1 rooibos teesakkie

LW: die bogenoemde speserye het nie almal hoeveelhede nie, die kok kan eie oordeel gebruik na aanleiding van eie smaak.

Meng die speserye in n bakkie.  Sny die fillet in dun skyfies , bietjie dukker as carpachio en strooi die gemengde speserye oor.  Braai die skyfies fillet in n pan met olie om die geur in te sluit en laat afkoel.  Maak n groen slaai met blaarslaai, avokado, groenrissie en kersie tamaties.  Plaas die springbok fillet op die slaai en garneer met vars suurlemoen.