Pages

Friday, 13 May 2016

Shaun se waterblommetjiebredie




Shaun se waterblommetjiebredie
Jy benodig vir 8 mense:
  • 1,8 kg skaapvleis, in stukke gesny
  • 50 ml olie
  • 50 ml botter
  • 4 groot uie, in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 250 ml vleisaftreksel
  • 250 ml witwyn
  • 8 klein aartappels
  • 10 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper
  • 500 g waterblommetjies
  • soutwater
  • 25 ml suurlemoensap
Maak dan só:

1. Verbruin vleis aan alle kante in verhitte olie en botter.

2. Voeg uie en knoffel by en soteer 3 minute.

3. Voeg aftreksel en wyn by. Verhit tot kookpunt. Verminder hitte en laat prut 90 minute.

4. Voeg aartappels, sout en peper by.

5. Voeg waterblommetjies, wat vooraf in soutwater geweek en skoon gewas is, by. Laat prut nog 30 minute.

6. Voeg suurlemoensap by net voor opdiening. Sit warm voor.