Pages

Wednesday, 25 May 2016

Sagokluitjies




Sagokluitjies
4 tot 6 porsies
750 ml (3 k) volroommelk
75 ml (5 e) sago
1 ml sout
75 ml (5 e) botter
60 ml (4 e) suiker
75 ml (5 e) mielieblom
60 ml (4 e) water
4 ekstragroot eiers, geskei
OPDIENING
125 ml (½k) suiker
7,5 ml (1 ½ t) fyn kaneel
60 ml (4 e) botter, gesmelt
1 Kook melk, sago, sout en botter saam in dikboomkastrol oor lae hitte tot sago deurskynend is. Roer gereeld sodat mengsel nie aanbrand nie. Dit neem ongeveer 30 minute.
2 Meng suiker en mielieblom.
3 Klits water en eiergele saam tot net gemeng. Voeg eiermengsel by suikermengsel en roer tot gemeng. Hou eenkant.
4 Skep bietjie van warm sagomengsel by suiker-en-eier-mengsel. Roer tot gemeng.
5 Giet hierdie suiker-en-eiermengsel dan terug by warm sagomengsel in kastrol. Roer tot gemeng.
6 Kook sagomengsel vir nog 5 minute tot gaar. Verwyder van hitte.
7 Klits eierwitte tot styf en vou by sagomengsel in.
8 Opdiening Meng suiker en kaneel.
9 Sprinkel bietjie van kaneelsuiker onder in opdienbak.
10 Doop ‘n teelepel elke keer in gesmelte botter en skep ‘n teelepel vol van sagomengsel in opdienbak. Bedek bodem van opdienbak.
11 Wanneer een laag sagokluitjies in opdienbak is, sprinkel weer kaneelsuiker oor.
12 Skep weer ‘n laag sagokluitjies en hou so aan tot alles klaar is.
13 Rond laaste af met kaneelsuiker.