Pages

Tuesday, 17 May 2016

Kanya se vanielje-crêpe-koek




Kanya se vanielje-crêpe-koek
Die Koekedoor Kanya pronk met pannekoek-rosies om haar crêpekoek spesiaal te maak.
 
Bestanddele
Crêpe-beslag (lewer 30)
Bakkersvla
Pannekoek-rose
    
Instruksies
Crêpes
  1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groterige mengbak.
  2. Met ’n ballonklitser, klits die melk, water, heel eiers en ekstra gele, olie, brandewyn en suurlemoensap liggies saam tot goed gemeng.
  3. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en gooi omtrent ’n koppie van die eiermengsel daarin. Met die ballonklitser, meng die beslag van binne die mengbak na buite. Voeg elke nou en dan nog ’n bietjie vloeistof by. Soos jy meng raak die nat massa liggies aan die meel en werk jy dun lagies meel keer op keer in. Jou beslag bly lieflik glad sonder klonte. Bedek en gee die beslag ’n ruskansie terwyl die bakkersvla gemaak word.
Bakkersvla
  1. Bring die melk tot kookpunt met die vanieljepeul daarin, sit die plaat af, en laat trek vir minstens 15 minute met die deksel op.
  2. Verwyder die vanieljepeul, sny versigtig oop en skraap die saadjies uit met die agterkant van ’n mes. Meng die saadjies met die melk. Spoel die peul goed af, klad droog en bêre eenkant.
  3. Met ’n ballonklitser, meng die eiergele, strooisuiker, mielieblom en sout goed saam. Steel ’n ¼ koppie van die warm vanieljemelk en meng by die eier-mielieblom-mengsel in tot ’n gladde pasta en dan tot dun en loperig. Giet die mengsel by die res van die warm melk en klits gedurig. Bring tot kookpunt terwyl jy onverpoos roer.
  4. Laat nog 30 sekondes kook nadat die mengsel begin verdik het om die mielieblom deurgaar te maak. Giet die gaar mengsel oor in ’n koue, skoon bak. Roer die koue botter en witsjokolade by. Bedek met kleefplastiek en koel af in die yskas of koel dit vinnig af in ’n ysbad. Roer gereeld om te keer dat die vla ’n velletjie vorm.
  5. Klits die room styf, vou die ekstra vanielje-ekstrak daarby in, vou die vanieljeroom liggies by die koue bakkersvla in. Hou die mengsel koud.
  6. Bak die pannekoeke. Jy behoort 30 pannekoeke uit te kry. Hou 5 eenkant om die pannekoek-rose mee te maak.
  7. Sit die koek aanmekaar. Plaas die eerste pannekoeklaag met goue kant na bo direk op die opdienbord of koekstaander. Smeer ’n dun lagie bakkersvla. Herhaal tot ten minste 20 pannekoeke gebruik is of die bakkersvla op is. Verkoel die koek koud terwyl jy die versierings maak.
Pannekoek-rose
  1. Smelt die witsjokolade stadig en hou eenkant. Hou ’n bak ys gereed om die rose in staan te maak sodat hulle vinnig kan set. Vou elk van die orige pannekoeke eers in die helfte en dan in kwarte. Gebruik ’n ronde koekiedrukker om die punt uit te sny. Sny so diep in as wat jy die roos se rand wil hê; 7 tot 8 cm breë bande werk goed. Die afgesnyde middelste gedeelte word nie gebruik nie. Dit werk makliker om die band in 2 dele te verdeel. Smeer die hele oppervlakte met gesmelte sjokolade en draai soos ’n materiaalroos. Maak elke roos staan tussen die ysblokkies.
Vanieljepeul-krulle
  1. Sny die peul in dunner repies, plaas in die pan, gooi strooisuiker liggies oor en karamelliseer tot dit net-net begin verbruin, lig die peul versigtig uit en krul om ’n lepelsteel.
  2. Met ’n teesiffie, bestrooi die bokant van die koek met strooisuiker. Rangskik die pannekoekrose bo-op en versier met die vanieljetakkies. Sit dit aanmekaar op dieselfde dag wat jy dit gaan voorsit en laat ten minste 2 ure ruskans in die yskas voor jy die koek sny.