Pages

Tuesday, 17 May 2016

Jogurt en Kondensmelk Beskuit



Jogurt en Kondensmelk Beskuit
(VROUEKEUR)
ongeveer 80 stukkies
1,5 kg (9 k) koekmeel
60 ml (4 e) bakpoeier...
5 ml (1 t) sout
187 ml (¾ k) suiker
500 ml (2 k) natuurlike jogurt
397 g (1 blik) kondensmelk
125 ml (½ k) water
250 g (½ blok) botter
4 eiers
Stel oond op 180 °C.
1. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer suiker by.
2. Roer jogurt, kondensmelk en water tot goed gemeng.
3. Smelt botter oor lae hitte en laat eenkant om effens af te koel.
4. Klits eiers en roer by kondensmelkmengsel. Roer afgekoelde botter by.
5. Voeg kondensmelkmeng
sel by meelmengsel en roer tot goed gemeng. Jy kan ook jou hande gebruik.
6. Vorm balletjies en plaas styf teen mekaar in gesmeerde oondpan.
7. Bak vir 45 min. of tot toetspen skoon uitkom.
8. Keer beskuit uit en breek in stukke.
9. Plaas op bakplate en droog oornag uit teen 70 °C met oonddeur effens oop.