Tradisionele Skon Resep
6 - 8 Skons - 20 minute
350g Bruismeel
1/4 Teelepel Sout
85g Botter in blokkies gesny
3 Eetlepels Strooisuiker
175ml Melk
1 Teelepel Vanieljegeursel
'n Skeet Suurlemoensap
'n Bietjie geklitste eier
Voorverhit jou oond tot 220 grade (200 vir
waaier oonde). Voer 'n bakplaat met papier uit of strooi dit liggies met meel.
Dit kan ook help om jou bakplaat effens op te warm voor jy die skons daarop
plaas om te bak.
Sif meel, sout en bakpoeier saam in 'n groot
bak. Voeg die botter by en vryf in met jou fingers totdat die meel krummelrig
lyk. Roer nou die suiker by.
Meng nou jou nat mengsel by jou droƫ mengsel
met 'n mes. Moet dit nie oorwerk nie - dit moet net effens gemeng wees en kan
dan op 'n melerige oppervlakte verder bewerk word deur dit twee of drie keer om
te vou totdat dit effens gladder lyk. Die deeg moet 3 tot 4 cm diep wees. Sny
nou die skons met 'n koekiedrukker uit of 'n glas uit.
Plaas die skons op 'n bakplaat en borsel met
geklitste eier. Bak vir 10 minute tot goudbruin. Bedien met room en konfyt van
jou keuse