Pages

Thursday, 12 November 2015

VISSTROGANOFF




VISSTROGANOFF
Lewer 6 porsies
...
Bestanddele:
1 kg stokvisfilette
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
bietjie olie
250 g sampioene, in skyfies gesny
halwe rooi en groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
45 ml koekmeel
1 hoenderaftrekselblokkie
125 ml kookwater
75 ml witwyn
25 ml tamatiesous
375 ml suurroom
sout en gemaalde swartpeper na smaak
Metode:
1. Stel oond op 180°C
2. Posjeer vis in water tot gaar. Dreineer, breek met vurk in groot blokkies en plaas in gesmeerde oondbak.
3. Soteer uie en knoffel in olie tot sag en deurskynend. Verwyder kastrol van hitte en roer meel by.
4. Los hoenderaftrekselblokkie in kookwater op. Roer wyn, tamatiesous, room, sout en peper by en roer in by uiemengsel.
5. Giet sous oor vis en bak 15 min tot deurwarm.
6. Sit warm saam met rys voor.