Pages
▼
Wednesday, 11 November 2015
Stampmielies en Bone met Spek
Stampmielies en Bone met Spek
3 kop droë stampmielies
2 kop droë gespikkelde bone
200 g varkspek in blokkies gesny
bietjie botter
sout
swartpeper na smaak
**Spekkies – In bietjie botter gebraai tot liggies bruin
Vroegdag gooi jou stamp en bone in ‘n lekker groot skottel
Spoel goed deur met koue water
Kook ‘n ketel water, gooi jou stamp mengsel in bak wat kan seël
Voeg net genoeg kookwater oor om als te dek
Sit deksel op en laat staan tot agtermiddag
Spoel goed af tot water helder is, gooi in lekker groot pot
Giet kookwater oor en bring to kookpunt, verminder hitte kook vir 20 min
Spoel weer deur tot skoon met koue water
Gooi weer genoeg kookwater oor om te bedek
Prut oor lae hitte vir een uur roer af en toe
Voeg nou spekkies by
Sout en peper na smaak
Voeg bykomende kookwater by om als net te bedek
Prut omtrent 45 min tot al die water verdamp en stamp sag is
Bedien warm met bredies,beestert,kerrie afval, eindloos lekker