Pages

Wednesday, 11 November 2015

SAGTE KAASVORM MET APPELBLATJANG




SAGTE KAASVORM MET APPELBLATJANG

KAASVORM:

800g Brie...
250g roomkaas
2 eetlpl witwyn
grofgemaalde swartpeper

Sny skil van Brie versigtig af
Plaas Brie en roomkaas in mengbak, bedek en laat staan teen
kamertemperatuur tot sag
Voeg wyn by en meng eers met vurk
Meng met elektriese handklitser tot romerig
Geur met swartpeper
Voer 22cm losboompan met plastiekfilm en skep kaasmengsel bo-op
Maak bokant gelyk en bedek met plastiekfilm
Plaas in yskas vir te minste 24 uur

(Nota: Vir groter hoeveelheid gaste kan Brie en roomkaas vermeerder word)

BLATJANG:

2 tot 3 eetlpl druiwepitolie
4 appels, in agstes gesny (met of sonder skil)
1 tlpl vars gemmer, fyngekap
2 eetlpl bruinsuiker
sap en fyngerasperde skil van 1/2 suurlemoen
2 kaneelstokkies
1/2 kp sultanas en rosyne
water

Verhit eerste 7 bestanddele in pan
Roerbraai tot appels begin verbruin en stroop verdik
Voeg klein bietjies water by soos nodig
Laat afkoel

Verwyder boonste plastiekfilm van kaasvorm
Plaas plat bord bo-op en keer om
Verwyder res van plastiek
Plaas opdienbord versigtig bo-op en keer om
Skep afgekoelde appelblatjang bo-op net voor opdiening
Bedien met beskuitjies, roosterbrood of snytjies baguette